Gemmerbroodhuisie deur Liezel Norval-Kruger. Foto: Robbert Koene.
Gemmerbroodhuisie
Serves: 1 huisie
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Sny die vorms op transparantpapier uit (klik hier). Sny twee vorms van elk uit.
- 6 k koekmeel
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 2,5 ml (½ t) bakpoeier
- 250 ml (1 k) sagte botter
- 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
- 20 ml (4 t) gemaalde gemmer
- 20 ml (4 t) gemaalde kaneel
- 7,5 ml (1½) t fyn naeltjies
- 5 ml (1 t) fyn swartpeper
- ’n knypie sout
- 2 groot eiers
- 375 ml (1½ k) melasse
- Harde koekversiersel
- 250 g (’n halwe pakkie)
- versiersuiker, gesif
- 1 eierwit
- suurlemoensap na smaak
Instructions
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei of voer met bakpapier uit.
- Sif die meel, koeksoda en bakpoeier saam in ’n groot mengbak.
- Room die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot lig en sag. Voeg die speserye en sout by en meng goed.
- Voeg die eiers en melasse by en klits goed. Voeg die meelmengsel bietjie vir bietjie by en klits deurentyd tot al die bestanddele goed gemeng is.
- Verdeel die deeg in drie en laat vir minstens ’n uur in die yskas rus.
- Rol die deeg sowat 4 mm dik op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Sny met die stensils twee van elke vorm uit die deeg.
- Druk die venster van die huisie met ’n 3 cm- koekiedrukker uit. Sny ook ’n deurtjie uit en bak eenkant. Sit die vorms op die bakpapier en bak vir 15 min. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.
- Versiersel: Sit die gesifte versiersuiker in ’n bak en voeg ’n driekwart van die eierwit by. Klits tot alles goed gemeng is. As die rande droog en krummelrig lyk, kan jy die res van die eierwit byvoeg. Klits vir 4-5 min. tot lig en dik.
- Bou die gemmerbroodhuisie: Skep die harde koekversiersel in ’n toebroodjiesakkie en sny ’n punt van die sakkie af. Versier die dak, sykante en deur van die huisie en laat droog word.
- Gebruik die harde koekversiersel as “gom”. Sit eers die voor- en sykante van die huisie aanmekaar en laat hard word. Gom die dak en die voordeur vas sodra die “mure” droog is. Jy sal dalk iets onder die dakkie moet sit om dit te steun terwyl dit droog word. Strooi versiersuiker oor en sit voor.
Lees ook: Gemmerkoekmannetjies en -tannietjies
Anelle Tewson
Lees Meer
Eiers gevul met aspersiepunte en bloukaas
17/04/2025
Suurlemoen-en-klapper-skywe
17/04/2025
Papawersaad-en-suurlemoen-koek
16/04/2025