Dié ‘moet-hê’ lys van kruie en speserye vir jou spens. Hooffoto: Tamanna Rumee vir Unsplash
Wat? Kaneel
Hoekom? Met sy soet, houtagtige geur en verskeidenheid gebruike is kaneel ’n moet-hê vir jou speseryrakkie.
Wat? Rissiepeper
Hoekom? Rissiepeper (oftewel cayenne peper) kan vars, gedroog of gemaal gebruik word om ’n tikkie hitte by jou gunsteling geregte te voeg! Skerp en pikant, rissiepeper gee karakter aan jou geregte.
Wat? Swartpeper
Hoekom? Dié gedroogde, gemaalde peperbessies gee kos ’n kenmerkende warm dog geurige smaak. Voeg ’n knippie by enige gereg.
Wat? Naeltjies
Hoekom? Sterk, pikant en veelsydig – naeltjies is net die ding om hitte en ’n diep geur aan sop, souse en nageregte te gee – wat nog te sê van speserykoekies.
Wat? Neutmuskaat
Hoekom? Neutmuskaat is warm, sterk en soet met ’n kenmerkende droë geur. Voeg dit by pampoen, botterskorsie, lams- en kalfsvleis.
Wat? Borrie
Hoekom? Borrie voeg kleur, warmte en ’n subtiele geur aan soutdisse toe.
Wat? Origanum
Hoekom? Origanum werk goed saam met allerhande soorte vleis-, vis-, eier- en kaasgeregte en is perfek vir pizza.
Lees ook: Allerlekkerste viskoekies