Gebruik marmer in jou huis! deur: Elandrè Swart en Cornel Dunn. Hooffoto: TARIK KIZILKAYA/istock images
Laat marmer by jou styl pas
Skandinawiese styl
Vir ’n vars Skandinawiese gevoel kan jy marmer byvoeg met marmer-effek breekware om ʼn goeie kontras te gee teenoor ʼn hout eetkamertafel. Hou dit eenvoudig en voeg dalk net geometriese vorms by om dit stylvol af te rond.
Lees ook: Organiese materiale in jou huis
Boheems
Om so ’n tikkie luukse in te bring by die boheemse styl kan jy die marmervoorkoms gebruik in tekstiele om dit sagter te maak. Inkorporeer die neiging in jou slaapkamer met marmer-patroon beddegoed.
Kontemporêre styl
Vir ’n kontemporêre verandering in jou badkamer kan jy marmer saam met mat swart kombineer vir ’n skoon, maar ook industriële gevoel. Om marmer muurpapier te gebruik is nie net ’n koste-effektiewe manier om ’n groot verandering te maak nie maar ook ’n kontemporêre aanslag op ’n tradisionele neiging.
Lees ook: Omskep ’n houer
Glansryk
Metale is marmer se beste vriend en enige iets met warm ondertone is geskik om hierdie soms koue neiging warmer te laat vertoon. Voeg brons, goud en koper by jou marmer om glans tot jou huis te voeg. ’n Tikkie fluweel kan ook tot die voorkoms bydra.
Lees ook: Luukse fluweel
Produkte
- Bambanani nesting tafel (R6850) Knus
- Carol Boyes Bord (R599) Yuppiechef
- Horlosie (R199) Superbalist
- Heksagoon marmer-en-hout-bord (R299) Poetry
- Love Milo koppie en piering (R249) Superbalist
- Marmer kanttafel (R1610) Weylandts
- Sheraton marmerdruk beddegoed (R249) Makro
- Brons lig met marmer (R699) @Home
- Wit marmerdruk muurpapier (POA) Robin Sprong
Verskaffers
Knus | knus.co
Yuppiechef |yuppiechef.com
Superbalist | superbalist.com
Poetry |poetrystores.co.za
Weylandts | Weylandts.co.za
Makro | makro.co.za
@Home | home.co.za
Robin Sprong |robinsprong.com