Resep deur Vickie de Beer, bygestaan deur Margie Els, Michéle Stander, Melissa Pecoraro. Foto’s deur Michael le Grange.
Salm-en-quinoaslaai
Serves: 4
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Speserymengsel vir die salm
- 5 ml (1 t) paprika
- 3 ml (½ t) fyn komyn
- 3 ml (½ t) fyn koljander
- 3 ml (½ t) cayenne-peper,
- 3 ml (½ t) fyn piment
- 400 g salmfilette
- 250 ml (1 k) quinoa
- fyn gerasperde skil van 1 lemoen
- sap van 2 lemoene
- 2 lemoene, gesegmenteer
- 80 ml (1/3 k) olyfolie + ekstra
- 50 ml (3 e + 1 t) dennepitte, gerooster (opsioneel, vervang dit met sonneblomsade)
- 1 rooi ui, fyn gekap
- hand vol gekapte grasuie en roket
- 250 ml (1 k) groen druiwe, gehalveer
- sout en gemaalde swartpeper
Instructions
- 1Meng al die speserye saam. Bedek die salm in die speserymengsel en marineer in die yskas vir 30 min.
- Spoel die quinoa goed af onder lopende, koue water. Sit die quinoa en 500 ml (2 k) soutwater in ’n kastrol en
bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir sowat 20 min. (Dit lyk effens deurskynend wanneer gaar.) - Meng die lemoen-segmente, -sap, –skil, olie, dennepitte, ui, kruie en druiwe saam. Geur na smaak. Meng
deur die quinoa en hou eenkant. - Verhit ’n riffelpan oor matig-hoë hitte. Sprinkel olie oor die salm en braai vir ± 2 min. aan elke kant of tot gaar na smaak.
- Vlok die salm by die quinoaslaai en smul.
Catherine Schenck