Die AVON iThemba Walkathon 2018. Hooffoto pexels
Die skoonheidsmaatskappy, Avon Justine, sal hul dertiende jaarlikse iThemba Walkathon aanbied vir borskankerbewusmaking op Sondag 21 Oktober 2018 by die Marks Park in Johannesburg. Om te registreer, klik op hierdie skakel: www.ithembawalkathon.co.za. In 2017 was daar meer as 29 500 deelnemers by die iThemba Walkathon wat dit die heel grootste borskankerbewusmakingsgeleentheid maak in die Avon-wêreld, wat oor meer as 50 lande strek. Die 2018-geleentheid beloof dus om nog beter te wees, alhoewel inskrywings hierdie jaar tot slegs 30 000 deelnemers beperk word.
Alle deelnemers moet vooraf registreer op die bogenoemde webblad of deur die iThemba Walkathon facebook-blad. Dit kos net R145 per volwassene en R100 per kind. Jy kan ook registrasievorms vind by deelnemende Sportsman’s Warehouse-winkels.
Besonderhede
Datum: Sondag 21 Oktober 2018
Plek: Marks Park, Emmarentia, Johannesburg
Tel: 071 274 16 13 of 087 097 0011
E-pos: [email protected]
Website: www.ithembawalkathon.co.za
Afstande: 5km en 8km
Facebook: iThembaWalkathon
Twitter: iThembaWalkathon
Gebruik die hutsmerk #iThembaWalk2018