Deur Vickie de Beer. Foto deur Lee Malan.
Mangokaaskoek in ’n kits
Ingredients
- Klop 250 ml (1 k/ 1 houertjie) mascarpone, 250 ml (1 k) room en 15 ml (1 e) strooisuiker saam tot dit in volume verdubbel.
- Roer die gerasperde skil van 3 lemmetjies by.
- Krummel 1 x 200 g-pak Tennisbeskuitjies.
- Dreineer 2 x 400 g-blikke mango en sny in dun repies.
- Pak lagies van die mascarpone-mengsel, koekiekrummels en mangorepies in 6 glasies en skep die pulp van 2 vars grenadellas bo-op.
- Sit in die yskas tot ná ete en sit voor.
Anelle Tewson