Die bekroonde enkel-wingerd Christina-wynreeks is vernoem na Christina Van Loveren, voormoeder van Jean Retief, matriarg van die Retief-familie, wat in 1699 haar pad na die Kaap de Goede Hoop gevind het. Haar trousseaukis word tot vandag toe nog trots uitgestal in die Van Loveren proelokaal.
Hierdie erfeniswynreeks, bekend vir die elegante Méthode Cap Classique Brut en Brut Rosé met verfynde borreltjies, beïndruk ook met ’n verfrissende Sauvignon blanc wat vanjaar ’n vyfster-gradering van die vername Platter Guide ontvang het, ’n botterige Chardonnay, ’n geurige Cabernet Sauvignon, ’n delikate Noble Late Harvest soetwyn, asook ’n aromatiese Shiraz. Geniet die Christina Shiraz met ’n heerlike volstruisfilet van Izelle Hoffman. Jy kan die resep hier vind.
Van Loveren, gegrond in hul erfenis, is een van Suid Afrika se geliefste en vernaamste familie-wynplase. Hulle spog met verskeie aanbiedinge van hoogstaande gehalte en ’n warm, verwelkomende, gesinsvriendelike wynplaas-ervaring. Volg gerus vir Van Loveren op sosiale media by @VanLoverenWines op twitter, Instagram of facebook en besoek hulle webtuiste by www.vanloveren.co.za om meer te leer van die Retief familie en Van Loveren.
WEN!
Skryf in en wen 2 kiste Van Loveren Christina wyn en ontwerpervoorskoot van Nadine Kelly.
Kompetisie sluit 5 September 2018.
Voorwaardes en bepalings geld.
[gravityform id=”395″ title=”true” description=”true”]