kategorieë: Leef gesondGesondheid

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Die tekens van doofheid is aanvanklik baie subtiel omdat jy elke jaar net ’n klein bietjie swakker hoor. Die skuif is so klein dat die meeste van ons dit nooit self agterkom nie. Daarby is die meeste van ons is slim genoeg om vanself te kompenseer, soos om onbewustelik te leer liplees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“So bekruip doofheid ons ongemerk,” vertel Yolandé van der Westhuizen, oudioloog van Pretoria. “Daarom is dit belangrik om jouself gereeld te toets vir tekens van doofheid. Vandag weet ons dat jy juis tot veel later in jou lewe beter gaan bly hoor as jy met die eerste tekens van doofheid gehoorapparaatjies begin gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Doen hierdie selftoets vir tekens van doofheid. En doen dit elke jaar … want jy weet nie hoe goed jou gehoor teen volgende jaar gaan wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 6 groepe mense wat ’n eie oudioloog benodig. Is jy een?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Herken jy hierdie tekens van doofheid in jou eie lewe?

1. Jou radio en TV se volumeknoppies is op of naby die hoogste volume
Is dit permanent op of naby die maksimum volume gestel?
“Dit is een van die sekerste tekens van doofheid,” verduidelik Yolandé. “Jy is eintlik al klaar besig om jou doofheid met klankversterking te behandel, net soos met die ouer vorms van gehoorapparate.”

2. As jy voor die TV gaan sit, soek jy dadelik die afstandbeheerder
Dalk wil jy die program verander. Dalk nie. Maar jy gaan beslis die klank effens harder kan stel.
“Let op of jy in die reël die TV harder stel. Dit is nog ’n manier waarop jy onbewustelik klankversterking toepas om te kompenseer vir jou toenemende doofheid.”

3. Jy kla gereeld oor jou swak telefoon- en selfoonontvangs
Kan jy beswaarlik hoor wat die ander persoon sê? Moet jy mense gereeld vra om hulself te herhaal?
“Dalk ís daar fout met jou foon. Dit is maklik om te toets: vra iemand anders om ook te luister of jou foonontvangs swak is. As hulle op dieselfde foon goed hoor, lê die probleem waarskynlik by jou gehoor, eerder as by die foon.”

4. Die opvangs van al die stasies op jou radio is swak
Die opvangs vir die radiostasies is nie oral ewe goed nie maar gewoonlik is ten minste RSG uitstekend. “As almal swak is – veral as dit net vir jou swak is – het jy nog ’n teken van gehoorverlies raakgesien.”

5. Mense mompel – veral party
Is ‘Ekskuus, sê dit gou weer?” of “Ek het nie gehoor nie” deel van jou daaglikse sêgoed – veral wanneer jy met spesifieke mense praat?

Dit klink vreemd dat jy party mense  goed en selfs baie goed hoor, terwyl jy ander voortdurend moet vra om hulself te herhaal. Dit is nog een van die sterk vroeë tekens van doofheid, sê Yolande. En daar is ’n logise verklaring daarvoor:

“Gehoorverlies begin met gedeeltelike verlies van jou vermoë om party frekwensies (toonhoogtes) te hoor. Ons merk hierdie gedeeltelike gehoorverlies op twee maniere op: dit kan vir jou klink asof almal mompel. Dit gebeur omdat jy net daardie dele van woorde hoor wat gesê is op toonhoogtes wat binne jou hoorbare frekwensies val, terwyl die res wat in jou nie-hoorbare toonhoogtes val vir jou verlore is.

Tweedens praat mense op verskillende tipiese toonhoogtes. Jy sal dus besonder sukkel om mense te hoor wie se stemtoonhoogtes meestal buite jou hoorbare frekwensies val. As jy nadink sal jy waarskynlik opmerk dat die mense oor wie jy die meeste kla waarskynlik almal in dieselfde toonhoogtes praat. Jy sal dus óf almal met hoër stemme nie hoor nie, óf almal met laer stemme nie hoor nie.

Lees ook: Sê jou man jy is doof? Dalk moet jy hom glo …

6. Maar die klokkie het nie gelui nie …
Beweer mense dat jy nie die telefoon/deurklokkie antwoord nie, terwyl jy vir ’n feit weet dit het nooit gelui nie? Jy dink hulle jok – en hulle dink jý jok.
Yolandé verklaar dit so: “Net soos met stemtone kan jy jou vermoë om die foon of deurklokkie te hoor, verloor, al kan jy allerhande ander klanke betreklik goed hoor. Albei partye is dus reg – die klokkie is gelui maar die gelui is nie gehoor nie.”

7. Mense sê jy praat hard
Het mense al opmerkings gemaak dat jy taamlik hard praat? Voel dit vir jou asof jy veral in ’n geselskap jou stem moet forseer om jouself hoorbaar te maak?

Nog een van die algemene tekens van doofheid is dat jou stembande na ’n uur se kuier moeg voel, juis omdat jy die heeltyd harder moes praat.
“Net soos normaalhorendes, verwag hardhorendes dat hulle hulself sal kan hoor praat. Hulle kan hulself net hoor as hulle hard praat. Dit is een van die tekens van doofheid wat ander mense raaksien, eerder as jysélf.”

8. Eetplekke is te raserig vir lekker kuier
Haat jy dit om uit te eet want dit raas so dat jy kort-kort dele van die tafelgesprek mis? Hoekom verkies jy om een-tot-een met mense te gesels? Ook omdat jy in ’n groter groep nie alles hoor nie?
“Hardhorendes verloor tipies die vermoë om tussen agtergrond- en voorgrond klanke te onderskei en/of te kan opspoor waarvandaan klanke kom. Dit voel asof ’n algemene geruis die meeste klanke verdring.”

9. En laastens: jy hoor mense beter as jy hulle síén?
Kan jy jou huismense hoor as jy nie na hulle kyk nie? Wat van die dominee en TV-aanbieders?
“Jy het eintlik al begin liplees – daarom dat sien vir jou hoor geraak het,” verduidelik Yolandé.

Jou telling

Hoeveel uit nege het jy?

As jy op selfs net een ‘ja’ antwoord, maak ’n draai by ’n oudioloog. Liewer te vroeg as te laat!

Naskrif

Toets sommer ook jou huismense vir tekens van doofheid. Dit kan hulle net help.

Handige kontakte

• SA Association of Audiologists www.audiologysa.co.za

• Kry Yolande van der Westhuizen by www.yvdwaudiolgy.co.za
Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.