kategorieë: WenkeSkoonheid

7 skoonheidswenke vir die werkende vrou

1. Lyk opgewek

Fnuik ’n dowwe, moeë vel en meng ’n produk wat glans gee by jou onderlaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Selfvertroue & helder lippe

Daar is tye wanneer vroue ’n kragtige ek-is-in-beheer indruk wil skep. Moenie huiwer om in hierdie geval byvoorbeeld ’n dieper lipkleur te gebruik nie. Dit is een van die bevindinge van ’n studie wat onderneem is waarin grimering mense se persepsies beïnvloed. Uit die studie het dit ook geblyk dat vroue wat grimering dra, betroubaarder en meer bevoeg voorkom. Aliza Lich, ’n aanhanger van rooi lipstiffie en skrywer van Leave Your Mark: Land your dream Job, Kill it in your Career: Rock Social Media het bevind dat 91,6% van 460 proffesionele vroue meen rooi lipstiffie is reg vir werk. Sowat 78% van die vroue het gesê rooi lipstiffie straal selfvertroue uit. Dra gerus rooi of selfs pienk lipstiffie werk toe, veral as jy in ’n kreatiewe omgewing werk, en veral op daardie dae wanneer jy ’n hupstoot nodig het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Die regte snit vir jou hare

’n Goeie snit verg minder stileertyd – ’n bonus vir daardie tye wanneer jy moet jaag om by die werk te kom. Kies ’n styl wat by die tekstuur van jou hare pas. ’n Langer bob kan lekker werk, so vra jou stilis om jou hare so te sny dat dit steeds vasgemaak kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Sonskerm, elke dag

As jy dink jy het nie sonskerm nodig nie omdat jy net werk toe en terug ry en die res van die dag in die kantoor sit, dink weer. Google ’n bietjie “truck driver” en “sun damage” om te sien watter erge sonskade jy in ’n voertuig kan opdoen. ’n Gekleurde sonskerm gee ligte dekking en kan tyd spaar as jy nie elke oggend sonskerm wil aanwend nie. Dit maak heraanwending deur die dag ook makliker.

5. Vinnige droogblaas wenke

Foto: ghd

Andrew Young, nasionale opleidingsbestuurder vir ghd Suid-Afrika, weet presies hoe jy jou hare vinnig en suksesvol met ’n kan droogblaas.

Vir kroontjies

Blaas jou hare in die teenoorgestelde rigting van die kant waarheen dit moet lê wanneer dit droog is. Kam jou hare reg en laat dit afkoel.

Vir reguit hare wat beweging en vorm nodig het

Knoop jou nat hare in afsonderlike bossies en blaas elke bossie met die hitteverspreider op jou haardroeër. Laat afkoel. Maak die knope los en laat die bossies hare ondertoe val. Die hare sal natuurlike golwe vorm (dink seegolwe).

Vir volheid en tekstuur

Stel jou haardroër op matige hitte. As jou hare ’n natuurlike krul het, sal die laer hitte die krulle beklemtoon. Warm, vinnige hitte maak jou hare reguit. Verdeel jou hare in ses gedeeltes. Draai elke stukkie agtertoe – en skep ’n sogenaamde Zoeloe-knoop.

Vir lang, swaar hare

Gebruik ’n groot, ronde borsel en blaas jou hare bossie vir bossie droog. Spuit elke bossie met haarsproei, rol op en steek met ’n knippie teen die kopvel vas. Laat die hare afkoel voor jy die knippies uithaal. Pluiskam nou die kopvel-gedeelte van elke bossie.

6. Bollas BO

’n Bolla bly een van die maklikste maniere vir ’n mooi haarstyl. Dit is maklik en effektief en perfek as jy ’n gesofistikeerde glansvoorkoms in ’n kits wil hê. Die winter kan wreed met ons hare wees en veroorsaak dikwels dat jou hare droog voel én lyk met gesplete punte. Dit kan ook heeltemal te veel tyd neem om jou hare te vertroetel en vir ’n spesifieke styl te stileer wanneer jy dalk net daardie ekstra 10 minute se slaap wil kry en dan nie later tyd het vir sukkel nie. As jy jou hare dié winter moeiteloos mooi wil laat lyk, is die bolla ’n fantastiese styl om te probeer.

7. Goed georganiseerd

Wanneer jou grimering en skoonheidsprodukte georden is, sal alles vinniger en makliker gaan as jy soggens jou grimering moet aanwend. Hou die grimering wat jy elke dag gebruik in ’n klein houertjie.

Lees ook: Gooi weg en ruim op

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356   As jy volgende keer tussen…

7 hours Gelede

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

9 hours Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

9 hours Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

12 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

13 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.