kategorieë: WenkeMode

Modefoute wat jy onbewustelik maak

9 modefoute wat jy onbewustelik maak Deur: Susra Matthee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons help jou om ’n paar onderliggende foute uit te ken sodat jou figuur en voorkoms op haar beste kan lyk – wanneer jy goed lyk, voel jy immers goed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Te veel swart

Swart doen wondere aan ’n figuur en is geskik vir byna enige geleentheid, maar wanneer vroue ouer word, raak hul vel ook ligter. Swart klere kan dan ’n harde kontras skep wat plooie beklemtoon en aandag trek na donker skaduwees onder die ken en rondom die oë. Voeg helder bykomstighede by soos ’n serp of ’n halssnoer wat die uitgewasde effek sal verdoem. Koop eerder aardse kleure soos kakao, grys, olyf- of kameelkleure wat gedemp is, maar steeds kontras bied. Diep juweelkleure is ook ’n kleurgroep wat die meeste vroue vlei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die verkeerde handsak

Dit is belangrik dat jou handsak by die geleentheid én jou uitrusting pas. Jy kan nie jou alledaagse drasak na ’n troue dra nie, want dit sal jou uitrusting oorweldig. ’n Palmsakkie is perfek vir ’n netjiese geleentheid, dit is ook dit regte grootte vir die basiese benodigdhede wat jy byderhand moet hê.

Lees nog: Kies die regte handsak vir elke geleentheid

Heeltyd, altyd hakke

Hoë hakke gee wel vir jou ’n bietjie hoogte, veral as jy aan die korter kant is en dit nodig het. Dit is egter nie vir alle geleenthede geskik nie en kan jou ongemaklik en buite beheer van jou ledemate laat lyk. Kies eerder ’n paar netjiese, plat skoene vir gemaklike geleenthede.

Hooffoto: Amanda Vick vir Unsplash

Denims wat te veel rek

Denims wat baie rekbaar is, is baie gemaklik, maar passop dat dit nie te veel rek en slordig vertoon nie. Maak wel seker jou broek het ten minste 2% rekbaarheid, want broeke met meer as 98% katoen is geneig om vining uit te rek en bied nie ondersteuning nie.

Te veel bykomstighede

Coco Chanel het gesê: “Verwyder altyd een bykomstigheid voor jy die huis verlaat.” Dis nie nodig om ’n fokus-nekstuk, -oorbelle én -armbande op dieselfde tyd te dra nie – hou dit eenvoudig. Fokus op ’n skoon silhoeët en dra een bykomstighed op ’n slag. Dink aan balans en proporsie. Dra óf ’n halssnoer, óf oorringe saam met ’n lae halslyn en as jy ’n hoë neklyn dra, rond dit af met ’n paar armbande.

Bang om te probeer

Koop jy altyd net een kleur? Is jou kas ’n see van swart en grysskakerings? As die antwoord ja is, is jy te veilig. Moenie bang wees vir helder kleure en patrone nie. Dit is ongelooflik hoe sekere kleure en blompatrone nie net jou gelaat kan verhelder nie, maar ook jou gemoed. Begin geleidelik en kies enkele items waarvan jy hou. Jy sal verbaas wees hoe goed die onverwagse kleure en patrone jou sal laat voel en lyk.

Jy oordoen dit

Ten spyte van die uitdrukking wat sê jy kan nooit “overdressed” wees nie, glo ons egter dat eenvoud altyd stylvol bly. Die werklike stylikone weet altyd wat om te dra vir elke geleentheid en dit is beter om voor die tyd te bel en uit te vind hoe die atmosfeer van die geleentheid is. Dit is egter veiliger om eerder ’n bietjie formeler te wees as om té informeel op te daag.

Klere wat te groot is

Oorgroot klere is nie die antwoord om jou probleemareas weg te steek nie; inteendeel, dit beklemtoon dit. As jy skuldig is aan hierdie fout, probeer om volgende keer ’n grootte of twee kleiner aan te pas voor jy koop en stileer jou figuur slim sodat jou beste bates die aandag sal trek. As jy klere aantrek wat jou liggaamsvorm vlei, sal jy dadelik slanker en meer nuwerwets lyk.

Lees nog: Dra gordels so

Hooffoto: Amanda Vick on Unsplash

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

12 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

12 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

13 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

16 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.