9 dinge wat jy moet weet om ’n sukses van jou eerste jaar op universiteit te maak

9 dinge wat jy moet weet om ’n sukses van jou eerste jaar op universiteit te maak deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/mapodile

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Seil deur jou eerste jaar

Nuwe vryheid. Partytjies. Koshuislewe. Én harde werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Eerstejaarstudent staan voor een van die opwindendste en moeilikste jare van sy lewe. Balans is die wagwoord, sê die kenners. Dan kan jy pret hê én suksesvol wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou eerste studiejaar gee die toon vir die res van jou kursus aan, en as jy goeie gewoontes en dissipline aangeleer het, behoort die res gladweg te verloop.

Lees ook: Studente, stres en selfdood – kry só hulp

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoe jou selfbeeld jou geluk beïnvloed en hoe jy ’n positiewe selfbeeld kan kweek

1. Wees verantwoordelik

Natuurlik kan studente pret hê en partytjie hou, sê Peter Kriel, opvoedkundige kenner by die Independent Institute of Education (IIE). Die geheim is balans en goeie tydsbestuur. Peter meen die skielike en ongekende vryheid kan ’n groot struikelblok wees.

“Dit is dikwels vir jongmense moeilik om verantwoordelikheid vir hul eie lewe te aanvaar. En dit help nie ouers gooi hierdie tekortkoming voor die skool se deur nie. Die skoolstelsel is daarop gemik om kinders deur die skool te kry met sekere akademiese vereistes. Ouers is verantwoordelik om hulle op te voed en lewensvaardighede te leer. Kinders moet verantwoordelik en onafhanklik wees om suksesvol met hul studie te wees.”

Lees ook: Hoekom vroue beter leiers is

2. Baie meer werk

Baie, baie meer. Dr. Birgit Schreiber, voormalige senior direkteur van studentesake aan die Universiteit van Stellenbosch, sê dat eerstejaars gereeld onkant betrap word deur die werkstempo en lading.

“Ek dink nie die uitdaging is dat studente nie klasse bywoon nie. Oor die algemeen is studente gretig om te studeer en hul bes te doen. Soms is dit eerder hul benadering tot studeer wat moet verander, en dat hulle ook die pas en werklading onderskat.”

Tog bied heelwat universiteite die opsie om ’n verlengde kursus te doen – dus ’n drie jaar graad oor vier jaar. Dit sluit oorbruggingskursusse in die eerste jaar in. Dit help menige student om die groot gaping tussen skool en universiteit te oorbrug. Die kwalifikasie is uiteindelik presies dieselfde en dieselfde werk word gedek, daar word net meer tyd gebruik om ’n grondslag te lê.

Lees ook: Kry meer uit jou dag met goeie tydsbestuur

3. Leer om NEE te sê

“Studente kan sukkel om hul nuutgevonde vryheid te bestuur,” sê Birgit. “Dis belangrik om jou prioriteite reg te hê. Leer om ‘nee’ te sê vir vriende as jy werk het, want daar is nie meer ouers of onnies wat jou dophou nie. Studente moet ’n volle agt uur (en meer) per dag vir hul studie opsysit. Dis nie net beperk tot klasbywoning nie, maar sluit ook naleeswerk, verwerking en herhaling in. Studente besef nie altyd die toewyding wat sukses vereis nie.”

“Ouers moet hul vinger op die pols hou,” sê Peter. “Vra gereeld hoe dit gaan en wees spesifiek. Vra hoe toetse en take afgeloop het en maak seker dat studente betyds hulp kry as hulle vasbrand.”

Lees ook: Sê dit net! Leer hoe om nee te sê

4. Daar is hulp, maar studente vra nie

Sarita Rademeyer, ’n fakulteitskoördineerder aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), werk met eerstejaars wat probleme het en is ook huisouer in ’n koshuis. “Die meeste onderriginstellings bied heelwat hulp en ondersteuning op akademiese sowel as sielkundige vlak. Die probleem is dat studente nie altyd die geriewe gebruik nie.

“Dis belangrik dat studente die oriënteringsweek bywoon, want hier word die ondersteuningsnetwerk verduidelik. Die hulp is gratis en sluit loopbaanvoorligting sowel as sielkundige hulp vir studente met geestesprobleme soos depressie in.”

Ondersoeke toon dat as eerstejaars hierdie programme en ondersteuningsmeganismes gebruik, hulle heelwat beter vaar.

“Klasbywoning is jou sleutel tot sukses,” sê Peter. En as jy boonop kontak met die lektor maak en wys dat jy ernstig oor jou studie is, is dit soveel makliker om hulp te vra as jy later sukkel.

Lees ook: Leer hoe om selfgeldend te wees

5. Studente in koshuise vaar beter

Die meeste instellings bied ook hulp op akademiese vlak aan studente, soos dat senior studente in koshuise as tutors optree. Daar is ook studiegroepe in koshuise vir afsonderlike studierigtings.

Sarita sê eerstejaars in die UJ-koshuise het studietye waar hulle in ’n lokaal (of in hul kamer) moet studeer. “Ons sien dat studente in die koshuis suksesvoller is as dié wat privaat bly, al is hulle by die koshuislewe betrokke.”

Instellings bestee ook groot bedrae aan tutoriale (kleiner groepe wat op ’n meer informele basis die werk verduidelik) met tutors vir elke vakgebied. Sommige hiervan is verpligtend, maar ander is net ekstra hulp. Maak seker dat jy dit bywoon en vra hulp by tutors as jy sukkel.

“Ongelukkig is dit so dat studente vir ouers jok oor hul vordering en dan is ouers uit die veld geslaan wanneer die uitslae kom. Kinders wat uit huise kom waar die ouers ná skool studeer het, doen ook beter as eerste generasie-studente. As ouers studeer het, weet hulle dit verg harde werk en pligsgetrouheid en word nie sommer met praatjies om die bos gelei nie.

“As ’n instelling is ons hande ook afgekap deur privaatheids-regulasies soos die PoPI-wet,” sê Sarita. (Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting.) “Ek kan net met ouers oor studente se akademiese vordering praat as die student teenwoordig is.” Enige korrespondensie van die instelling se kant oor probleme sal ook aan die student gestuur word en nie aan die ouer nie.

Lees ook: Oorleef so aansoeke by universiteite

6. Vakke is vervelig

Soms vergeet studente van die groter prentjie en raak gou verveeld as vakke hulle nie dadelik boei en opwindend is nie. Besef dat jou eerste jaar die basis vir jou studierigting lê en dikwels minder opwindende agtergrondvakke insluit. Peter sê studente sal baat vind daarby om met die lektor te gaan praat en vas te stel wat die waarde van elke kursus binne die studierigting is. Hou die einddoel voor oë om jou te motiveer.

Lees ook: Waar om sielkundige help te kry

7. Familie gebruik beursgeld

Met die nuwe model vir befondsing is dit aansienlik makliker vir studente om beurse en lenings te kry. Soms is die probleem dat studente nie ’n volle beurs kry wat verblyf en kos insluit nie en dan ly hulle gebrek. Ander kere maak die beurs ruim voorsiening, maar dan verwag die familie dat die student van die beursgeld moet gebruik om hulle te onderhou. Dit gebeur ook dat studente soms die geld vir persoonlike inkopies gebruik en nie vir handboeke nie.

Handboeke is noodsaaklik as jy wil slaag. “As jy nie dadelik een kan bekostig nie, probeer so gou moontlik een kry,” sê Peter. Gesels met jou lektor of bibliotekaris, soms is daar die opsie dat jy dit as ’n e-boek gratis kan aflaai. Daar is gewoonlik ook eksemplare in die biblioteek, maar gegewe getalle sal jy dit dikwels nie kan uitneem nie. Jy kan wel daar sit en studeer.

8. Depressie is ’n probleem

’n Student vertel dat daar verlede jaar vier selfmoordpogings in haar koshuis was. Sarita sê baie kinders voel hul ouers verstaan nie en dat “ruk jou reg” hul enigste raad is.

“Soms misbruik studente die depressie-verskoning as hulle in die moeilikheid met hul studies beland. Maar dit bly ’n werklikheid. Studente verloor motivering as hulle werklik met depressie sukkel en dis noodsaaklik dat hulle om gratis hulp by ons beraders aanklop. Dis vir my moeilik dat ons nie sonder die student se toestemming ouers van so iets mag verwittig nie.”

Lees ook: 12 tekens wat wys dat jou depressie beter is – en wat jy moet doen as dit nie is nie

9. Soms voel studente oorweldig

Moenie dat skoolpunte jou intimideer nie. Daar kan studente wees wat al hul vakke met ’n A-gemiddeld geslaag het, maar die toelatingsvereistes is van so ’n aard dat die gemiddelde student wat gekeur word ook suksesvol sal wees. Die geheim is harde werk.

En dit geld ook die A-kandidaat. Jy kan nie meer soos op skool net in die klas aandag gee en verwag dat jy die werk moet ken nie. Naskoolse kursusse vereis dat jy heelwat ure agter jou lessenaar deurbring. Een lektor het dit die ABC van studeer genoem: “Apply bum to chair.”

Sarita sê studente moenie te gou moed opgee nie. “Dis ’n vasbytjaar. Die werk is baie en dis ’n groot aanpassing, maar as studente van al die beskikbare hulpbronne gebruik maak, sal selfs dié wat nie heeltemal gereed is nie ook suksesvol wees. Dis baie keer die beursstudent met min ondersteuning wat uiters suksesvol is en goed vaar.”

Lees ook: Praktiese wenke vir angstigheid en uitbranding wat jou sal help

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…

45 mins Gelede

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…

52 mins Gelede

Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…

1 hour Gelede

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta

Die nuwe (en gesonder!) pizza - in slaai-vorm!

1 hour Gelede

Bessiejellies

Genoeg vir 6 Bestanddele   625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…

1 hour Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.