9 blink planne met blikkieskos deur Vickie de Beer, bygestaan deur Margie Els-Burger. Foto’s: Johan Wilke.
Ons blikkie-staatmakers
- Ons druk heel geskilde tamaties in die sap met ’n vurk fyn en gooi dit by al ons bredies, kerries en soppe.
- Geblikte kersietamaties is deesdae verkrygbaar en smaak vorentoe in pasta.
- Wees op die uitkyk na die verskillende soorte gegeurde tamaties waarmee jy in ’n kits woema by geregte kan voeg. Ons hou van die Indiese, Mexikaanse en Italiaanse geure.
- Onder geblikte bone is cannelini- en rooi nierbone ons gunstelinge. Die blikkies spaar baie tyd en is net so voedsaam soos gedroogde bone. Boonop verlaag dit die GI van geregte. Ons gebruik dit in slaaie, salsa, bredies en soppe. Kekerertjies kan op dieselfde manier ingespan word.
- Tuna en ander geblikte vis soos sardientjies is ware staatmakers. Kies tuna in water om die vetjies weg te hou.
- Ansjovisfilette
- Kappertjiesaad
- Klapperroom maak van enige kerrie of roerbraaigereg iets spesiaals.
Ons spesery-staatmakers
- Tandoori- en masalakerriepoeier is altyd in ons koskas.
- So ook Thaise groen- en rooikerriepasta.
- Botteltjies klaargekapte gemmer, knoffel en rissie maak die lewe soveel makliker.
Probeer die volgende heerlike resepte
Heuning-en-gemmerhoender met sataysous
Indiese mossels met raita
Geroosterde aartappel-en-tuna-gebak
Oosterse hoenderkerrie
Geroosterde lamsnek met hoemoessous
Vegetariese fajita
Lamsworsie-en-boontjie-bredie
Italiaanse tamatiepasta
Riboogskyf met Provensaalse cannelini-boontjies
Lees ook:
7 heerlike resepte met bestanddele wat reeds in jou spens is
Vis: Kook een keer, eet drie keer
Vark: Kook een keer, eet drie keer
Hoender: Kook een keer, eet drie keer
5 laekoolhidraat-happies wat jy nou moet maak