kategorieë: OuerskapJou lewe

8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek

In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is die vraag na vernuwing en kreatiewe denke in die 21ste eeu se werkplek belangriker as ooit. Soos bedrywe die oorgang na aanpasbaarheid en buigsaamheid maak, word die vermoë om kreatiwiteit by ons jong generasies aan te wakker ’n belangrike belegging in die arbeidsmag van die toekoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Esmarél Potgieter, die hoof van akademie by Koa Akademie – die Afrikaanse aanlyn skool wat onlangs bekendgestel is – beklemtoon die deurslaggewende rol van kreatiewe denke in vandag se gejaagde wêreld: “Onderwys moet bybly by die vinnige veranderinge wat ons in die wêreld ervaar en moet sinvol reageer op werklike behoeftes. Aanpasbaarheid en innoverende oplossings is reeds uiters belangrik in alle aspekte van die lewe. Daarom is dit noodsaaklik dat ons kinders ondersteun in die ontwikkeling van hulle kreatiewe denkvaardighede. Dit is nie net `n opvoedkundige ideaal nie, maar `n strategiese noodsaaklikheid vir die vorming van toekomstige leiers en probleemoplossers. Onderwysers én ouers speel `n onmisbare rol om hierdie sagte vaardighede, soos kreatiwiteit, te bevorder.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

`n Verskuiwing in hoe ons oor kreatiwiteit dink en dit definieer, is noodsaaklik om dit in die moderne wêreld die plek te gee wat dit verdien. “Kreatiwiteit word dikwels gesien as iets wat hoofsaaklik met die kunste en natuurlike kunsinnige talente te doen het. Uit die skool se oogpunt beteken dit dat die kunsklas, die musiekkamer, die dansgroep of die dramaklub die enigste plekke is waar kreatiwiteit doelbewus ontwikkel word. Kreatiwiteit en kreatiewe denke is egter ook kernkomponente van wiskunde en wetenskap. Hierdie vaardighede is belangrik in rekeningkunde en besigheidstudies, asook in die onderrig van entrepreneurskap. Kreatiwiteit is nie iets waarmee jy gebore word nie – daar is nie `n genetiese faktor wat dit bepaal nie. Navorsing toon eerder dat ervarings en `n stimulerende omgewing kreatiwiteit aanwakker. Met die regte geleenthede kan enige kind kreatiwiteit ontwikkel.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Tieners en slaap: Wat jy moet weet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Drie maniere waarop tradisionele skoolonderrig kreatiwiteit beperk

  • Assesseringspraktyke – Tradisionele toetse en eksamens fokus dikwels op memorisering en beklemtoon slegs een korrekte antwoord, wat kreatiewe denke beperk. Esmarel sê: “By Koa fokus ons op metodes wat leerders aanmoedig om krities te dink, dubbelsinnighede te ondersoek en kreatiewe oplossings te vind.
  • Vaksilo’s – Vroeë spesialisering in vakke beperk kreatiwiteit deur kennis in afsonderlike eenhede/idees te verdeel. Esmarél stel voor dat verbitenisse tussen vakgebiede bevorder moet word om innoverende denke aan te moedig.
  • Prioritisering van harde vaardighede – Tradisionele onderrig is geneig om harde vaardighede bo sagte vaardighede soos kreatiwiteit te prioritiseer. “Dit is ’n kritiese kopskuif wat in die skoolomgewing moet plaasvind,” sê Esmarel. “Sagte vaardighede, wat kreatiwiteit insluit, moet as kernvaardighede beskou word wat in alle vakke ontwikkel moet word.”

8 maniere waarop ouers en onderwysers kreatiwiteit by kinders kan kweek

Kreatiwiteit bestaan op ’n kontinuum tussen die generering van nuwe idees waaraan niemand nog gedink het nie en die vorming van nuwe assosiasies deur verskillende maniere te vind om bestaande konsepte te verbind.

  1. Moedig nuuskierigheid aan – Kweek nuuskierigheid deur oop vrae te vra, by debatte betrokke te raak en nuwe kennis en ondervindings te verken. Kinders word nuuskierig gebore. Tog verloor baie volwassenes hulle sin van nuuskierigheid soos hulle grootword. Esmarel glo as volwassenes weer hulle nuuskierigheid oor die buitewêreld aanwakker, kan dit kinders positief beïnvloed.
  2. Verwelkom verveeldheid – Gee kinders die ruimte om kreatief te dink deur kitsstimulering te weerstaan. Verveeldheid kan ’n katalisator vir verbeeldingryke denke en probleemoplossing wees.
  3. Los probleme kreatief op – Leer kinders om ingewikkelde probleme in hanteerbare dele te verdeel en dit kreatief stap-vir-stap op te los.
  4. Bevorder passies – Ondersteun kinders se belangstellings en moedig dit aan. Hulle het baie geleenthede om die sagte vaardighede te ontwikkel wat met kreatiwiteit verband hou terwyl hulle onafhanklike dinge verken waaroor hulle passievol is.
  5. Herdefinieer mislukking – Verskuif die perspektief op mislukking vanaf ’n struikelblok of eindpunt om oor skaam te wees na ’n verfrissende geleentheid vir nadenke en groei.
  6. Ontwerp die omgewing – Skep ruimtes wat kreatiwiteit bevorder deur natuurlike lig, beheerde klank en buigsame, geindividualiseerde hulpmiddels.
  7. Doelbewuste oefening – Struktureer tyd vir kreatiewe denke of spel deur kreatiwiteit soos ’n spier te behandel wat voordeel trek uit doelbewuste oefening.
  8. Jaag diversiteit na – Blootstelling aan diverse ondervindings help individue om dinge uit verskillende perspektiewe te beskou. Dit kweek nuwe assosiasies en verbintenisse.

Ontdek Koa Akademie; besoek www.koaakademie.com

Lees ook: Maak nuuskierige kinders groot!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid – en wat jy daaraan kan doen

Dit is belangrk dat jy weet wat die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid is.

22 mins Gelede

Die beste mediese fonds vir enkellopende vrouens

As enigste versorger, kan mediese uitgawes 'n groot impak op hul finansies hê, daarom is…

5 hours Gelede

Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Dis die Bateleur Chardonnay 2020 wat daardie gesogte…

20 hours Gelede

Vis: Kook een keer, eet drie keer

Nie seker wat om met oorskiet-vis te doen nie? Ons wys jou hoe jy een…

1 day Gelede

Gesonde rotskoekies

Bestanddele   325 ml (225 g) koekmeel ’n knypie sout 5 ml (1 t) koeksoda…

1 day Gelede

Outydse Toskaanse teekoekies

Bestanddele   900 g koekmeel 5 ml koeksoda 15 ml bakpoeier uitgedrukte sap en gerasperde…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.