kategorieë: Leef gesondGesondheid

8 Ebola-terme wat jy moet ken

Inkubasietydperk: Die tyd tussen blootstelling aan die virus en wanneer die persoon simptome toon. Dit kan 2 tot 21 dae wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Simptomaties: A pasiënt raak simptomaties as hy Ebola-simptome toon. Dit sluit in koors, spierpyn, hoofpyn, seer keel, braking en diarree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Aansteeklik: Mense met die Ebola-virus in hul bloed is slegs aansteeklik wanneer hulle simptome het (sien hierbo). Die virus kan nie oorgedra word voordat ’n persoon nie simptomaties is nie. Dit beteken dat mense wat van Liberië na Amerika gereis het op dieselfde vlug as Thomas Eric Duncan nie die virus by hom kon kry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

R0: Ook genoem R-nul, verwys na die “geskatte reproduksienommer vir aansteeklike siektes”. Eenvoudig gestel, dit is ‘n formule wat kan voorspel hoe aansteeklik ‘n virus is. NPR het ’n handige grafiek op hul webwerf wat toon Ebola het ’n R0 van 2, wat aantoon hoeveel mense moontlik deur ’n pasiënt besmet kan word. Masels, in vergelyking, het ’n R0 van 18 Dit is relatief moeilik, soos ons getoon het, vir een persoon om Ebola te versprei.

Kontak opsporing: Dit behels die moeisame proses om enigiemand n ate spoor wat aan Ebola blootgestel is. Dit vereis opgeleide openbare gesondheidsamptenare wat ’n reeks vrae vra oor waar die pasiënt was, met hoeveel mense hy interaksie gehad het – óf van aangesig tot aangesig of in ’n kamer of ander geslote ruimte. In Wes-Afrika, is dit gedoen deur plaaslike vrywilligers wat opgelei is deur die openbare gesondheid kundiges.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Direkte kontak: Dit sluit die mense in wat noue kontak met ’n pasiënt gehad het – familielede en vriende. Hierdie mense is meer geneig om in aanraking te kom met ’n pasiënt se liggaamsvloeistowwe, en daarom verteenwoordig hulle die groep wat die mees waarskynlik aan die virus blootgestel is en die hoogste risiko het om die siekte op te doen.

Indirekte kontak: Hierdie groep sluit in diegene wat kontak met ’n pasiënt gehad het, maar op ’n minder direkte manier – by ’n werkplek of skool, byvoorbeeld. Dit sluit ook kontakte in van diegene wat direkte kontak gehad het en wat ’n laer risiko het om aan die pasiënt se liggaamsvloeistowwe blootgestel te word en dus ’n laer risiko het om Ebola op te doen.

Kwarantyn: ’n regsbevel vir ’n potensieel besmette persoon wat bepaal hy mag nie ’n ruimte verlaat of kontak met die res van die bevolking hê nie.

Bron: Time Health

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde hoender: Kook een keer, eet drie keer

Wonder jy wat om met oorskiethoender te doen? Ons drie maniere om een lekker geroosterde…

1 hour Gelede

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

3 days Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

3 days Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

3 days Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.