kategorieë: Ons menseBekendes

7de Laan kry ’n nuwe inwoner

As jy vanaand ’n nuwe gesig op die SABC 2-sepie 7de Laan sien, haar naam is Olivia en sy is die nuwe assistent in die boekwinkel …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Olivia, wat haar eerste verskyning op 9 November maak, word vertolk deur die sanger en aktrise Nadia Herbst.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

7de Laan, wat vanjaar reeds groot verskuiwings gemaak het, het besluit om ’n internskapgeleentheid te stig waar nuwe en onervare akteurs die geleentheid kry om op die kassie te verskyn. Dit is na aanleiding van 7de Laan se poging om meer jongmense betrokke te kry en meer ervaring en opleiding op stel aan te bied. Die eerste internskap word gevul deur Herbst as die beeldskone boekwurm Olivia.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Jy ken haar moontlik as die sangeres wat in 2015 op die ouderdom van 20 aan seisoen 11 van Idols SA deelgeneem het. Sy het dit tot in die top-10 gemaak, maar het daarna uitgeval. Sy het egter nie toegelaat dat hierdie wegwysing in haar pad staan nie en het aanhou werk om in die plaaslike vermaakbedryf ’n naam vir haarself te maak. Nadia kom oorspronklik van die Paarl af en is selfs as tiener gekroon as Mej. Tiener-Kaapstad en Mej. Tiener Wes-Kaap in 2013. Sy het glo in 2011 besef dat sy ’n talent en ’n passie vir sang het en het hierdie droom ernstig begin najaag. Na haar deelname aan Idols SA het sy stelselmatig ’n solo-loopbaan vir haarself begin uitkerf en ook in verskeie teaterproduksies verskyn.

Volgens ’n persverklaring uitgereik deur SABC2 is die nuwe karakter Olivia “’n intelligente boekwurm wat enige en alle boeke verslind wat sy in die hande kan kry. Sy is beeldskoon en maak dus bietjie van ’n opspraak onder die mans van Hillside. Olivia is gefassineer deur Antropologie en lees konstant op oor ander kulture. Sy het ’n baie goeie sin vir humor en is lief daarvoor om op te lees oor nuwe goed.” Daar word verder genoem dat Olivia ’n warm en verwelkomende persoonlikheid het en dat Laan-aanhangers vinnig verlief sal raak op hierdie nuwe dame op die dorp.

Vanaand se episode (terloops, die 4 175ste episode van 7de Laan) handel oor Vince wat die vrede probeer hou met die Meintjes-familie, maar sal Alexa professioneel kan bly?

Skakel vanaand in om 18h00 op SABC 2 om uit te vind wat met Vince gebeur, en om die nuwe Olivia vir die eerste keer raak te loop.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

7 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

7 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

10 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

12 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.