genoeg vir 10
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Koek
• 225 g koekmeel
• 75 g mielieblom
• 10 ml (2 t) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) sout
• 100 g haselneute, fyngemaal, met of sonder skil
• 125 g botter by kamertemperatuur
• 300 g strooisuiker
• 4 ekstra groot eiers, geskei, by kamertemperatuur
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• knypie sout
• knypie kremetart
• 125 ml (½ k) koue kraanwater
Rooifluweelversiering
• 250 g botter by kamertemperatuur
• 250 g roomkaas
• 15 ml (1 e) vanieljegeursel
• 60 g kakaopoeier
• 500-800 g versiersuiker, gesif
• 2,5-5 ml rooifluweel kleursel van Rolkem of rooi kleursel na smaak
1 Voorverhit die oond tot 175 °C. Voer drie 20 cm-koekpanne met bakpapier uit.
2 Sif die koekmeel, mielieblom, bakpoeier en sout saam. Sommer 3 tot 4 keer as jy kan. Meng met die fyngemaalde haselneute. Hou eenkant.
3 Room die botter en 2/3 van die suiker goed tot liggeel. Voeg die eiergele een vir een saam met die vanieljegeursel by. Klop goed tot donserig.
4 In ’n aparte, skoon bak, temper die eierwitte eers met ’n knippie sout en kremetart en klits tot die sagtepuntstadium. Voeg die res (100 g) van die strooisuiker lepel vir lepel by soos wanneer jy ’n meringue maak. Klits net tot ’n blink stywe meringue, nie droog nie.
5 Vou die meelmengsel in die bottermengsel om die beurt met die koue water.
6 Vou dan die meringue in drie dele by die meel- en bottermengsel tot net gemeng. Pasop vir oormeng.
7 Verdeel gelyk tussen die drie panne en bak vir 30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Koel af op afkoelrakkies.
8 Om die rooifluweelversiering te maak: room die botter en roomkaas goed tot lig en donsig. Voeg die geursel en kakaopoeier by en klop goed. Voeg versiersuiker geleidelik by tot die korrekte dikte waarmee jy wil werk. Die rooi kleursel word ook bygevoeg na smaak.
9 Versier met rooifluweelversiering op jou manier. Ek het rose gespuit met nommers 126 en 127 blomblaarbuise en sommer aangevul met groen botterversiering om blare te spuit met ’n nr. 366-blaarbuis. Die blomknoppe is met ’n nr. 11 ronde buis gespuit.
Verjaarsdagkoek 1: Tina Bester se witsjokoladekoek
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Verjaarsdagkoek 2: Wessels van Vuuren se rooiwyn-sjokoladekoek
Verjaarsdagkoek 3: Katelin Williams se gebakte Alaska-koek
Verjaarsdagkoek 5: Martjie Malan se framboo-en-suurlemoenkoek
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.