kategorieë: KosGebak

#75verjaarsdagkoek 2: Wessels van Vuuren se rooiwyn-sjokoladekoek

genoeg vir 8-10

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koek
• 180 g botter
• 300 g strooisuiker
• 3 groot eiers
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 50 g kakoa
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• 5 ml (1 t) koeksoda
• 1 ml (¼ t) sout
• 280 g koekmeel
• 180 ml (¾ k) melk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vulsel
• 2 velle gelatien (of een koevertjie, sowat 15 ml + 50 ml koue water)
• 200 g suiker
• 125 ml (½ k) water
• 4 eierwitte
• 15 ml (1 e) rooswater of 10 ml (2 t) vanieljegeursel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjokoladeversiersel
• 300 g donkersjokolade, fyngekap
• 150 ml room

Vir die versiering
• koperkleurige poeier-koskleursel
• wit alkohol soos vodka of jenewer
• 12 sosatiestokkies
• lourierblare
• 12 groot aarbeie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 175 °C. Voer twee 20 cm- koekpanne met bakpapier uit.
2 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers een-een by. Klits die vanieljegeursel by.
3 Sif die kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en koekmeel saam in ’n middelmatige mengbak.
4 Vou die melk en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel in.
5 Verdeel die mengsel gelyk tussen die koekpanne. Bak vir 25-30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Koel deeglik af en sny elke koek in twee lae.
6 Vir die vulsel: week die velle gelatien in koue water tot deurskynend of los die poeier op in die water.
7 Verhit die suiker en water in ’n kastrol oor lae hitte totdat al die suiker opgelos is. Kook oor matige hitte totdat die mengsel sagtebalstadium bereik (118 °C). Dit sal die regte stadium bereik het wanneer jy ’n druppel van die stroop in ’n glas koue water drup en dit ’n sagte balletjie vorm wat jy tussen jou vingers kan platdruk.
8 Klits die eierwitte en geweekte gelatien saam in ’n mengbak tot sagte punte vorm. Drup die kokende stroop versigtig in ’n dun straaltjie by die eierwitte terwyl dit op hoë spoed geklits word. Klits die geursel by. Klits vir nog 10 min. of tot dit dik en blink is. Koel goed af.
9 Smeer ’n lagie vulsel op elke koek. Koel goed af in die yskas.
10 Verhit die room en sjokolade in ’n dubbelkoker oor warm water en roer tot alles gesmelt is. Stapel die koeke op mekaar.
11 Gooi die versiersel egalig oor die koue koek. Maak koperverf deur van die koperpoeier met ’n bietjie van die alkohol te meng.
12 Verf die stokkies koper en laat droog word. Druk ’n kwas in die poeierverf en spat dit oor die koek om koperspatsels te maak. Druk die aarbeie onderstebo op die stokkies en verf die lourierblare en onderste helfte van die vrugte koper. Versier die koek deur die aarbeistokkies soos ’n bos rooi rose bo-op die koek in te druk.

Verjaarsdagkoek 1: Tina Bester se witsjokoladekoek

Verjaarsdagkoek 3: Katelin Williams se gebakte Alaska-koek

Verjaarsdagkoek 4: Kanya Hunt se haselneutkoek met rooifluweel-roosversiering

Verjaarsdagkoek 5: Martjie Malan se framboo-en-suurlemoenkoek

Verjaarsdagkoek 6: Corli Botha se maklike verjaarsdagkoek met bessie-coulis en outydse melkversiersel

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

5 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

5 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.