kategorieë: Leef gesondGesondheid

7 tekens van lipodeem

As hierdie tekens bekend klink, besoek ’n endokrinoloog om dit te bevestig en jou te verwys na Vodder-terapie. Hierdie masseertegniek verskil van gewone limfdreinering en sal ni jou lipodeem vererger nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So lyk iemand met lipodeem

Mense met lipodeem lyk op ’n ander manier “vet” as ander oorgewig mense. As jy een van daardie mense is wat maklik in nommer tien-toppies inglip maar glad nie skinny jeans kan dra nie, het jy moontlik lipodeem. Hierdie soort vet klou om die onderlyf en bene. Lipodeem is dus meer as net groot heupe. As jy jouself in die spieël van bo na onder bekyk, sal jy tipies soos volg lyk, sê prof. Tess van der Merwe, endokrinoloog van Midrand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Dit lyk asof jy ’n pofbroek aanhet

Jou middel- en bolyf is normaal, maar van jou naeltjie af onder toe is jy buitengewoon groot. Jy dra ’n broek wat twee en meer nommers groter is as jou bragrootte. Party mense ontwikkel tog lateraan limfedeem van die vetweefsel om die middellyf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Jou bene is regaf en dik

As jou bene jou aan twee stewige boomstompe laat dink, is dit nog ’n teken van lipodeem. Buiten blokbene het jy moontlik ook ’n vetrolletjie bokant jou knie en kuiltjies op die bobene, wat soos selluliet lyk. Jy kan nie broeke met smal pype soos skinny jeans en sigaretpypbroeke of lang stewels dra nie.

3 Jou voete is fyn en skraal

Een van die opvallendste kenmerke van lipodeem is dat jou voete fyn, skraal en selfs klein is in vergelyking met jou stewige onderlyf en swaar bene. Tog, met gevorderde limfedeem van die vetweefsel swel die voete ook mettertyd.

4 Jou enkels is so blokkerig soos jou kuite

Waar ander mense se enkels duidelik smaller as hul kuite is, loop joune regaf ondertoe. Enkels is normaalweg benerig maar joune is vlesig.

5 Daar is ’n voutjie of rolletjie net bokant jou voet

Kyk hoe jou enkel by jou voet aansluit: het jy ’n voutjie of vetrolletjie net bo jou voet? Gewoonlik loop die tipies skraal, benerige enkel sonder enige ekstra weefsel oor in die ewe benerige enkel.

6 Jy het lemoenskil-vel op jou bobene

Kyk weer na jou bobene: sien jy duikies en kuiltjies oraloor? Met ander woorde, dit wat ander mense selluliet noem? Lyk jou bene soos opgestopte worsies?

7 Jou arms lyk normaal

Kyk na jou arms. Jy het min of geen vet op jou bo-arms nie. As jy ouer is en jou lipodeem reeds ver gevorder het, kan jy wel lipodeem van die arms ontwikkel. Net soos jou voete skraal is, sal jou hande ook skraal wees, met ’n voutjie of vetrolletjie tussen jou pols en hand.

Kry mans ook lipodeem?

Liopodeem is nie eksklusief aan vroue nie. Mans kan ook lipodeem ontwikkel. Dit is net nie so algemeen onder mans as vroue nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

6 mins Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

1 hour Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.