7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees. Deur Zerelda Esterhuizen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe kan jy ’n beter vriendin wees?  Hier is 7 maniere:

1. Luister meer en praat minder

Neem ’n bestekopname van jul vriendskap en onthou dat kommunikasie ’n tweerigtingstraat is. Is jy die een wat altyd oor jou probleme praat? Dit kan jou vriendin laat voel asof sy nooit haar probleme met jou kan deel nie. Probeer die rolle verander sodat jy meer luister of meer vir jou vriendin kan beteken. Vind ’n balans tussen gee en neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Wys empatie

Ons is soms so geneig om op ons eie probleme te fokus dat ons nie ander mense se seerkry raaksien nie. Wees empaties en probeer in jou vriendin se skoene plaas. Volg op as sy probleme het. Sonja Herbst van Krugersdorp het eers vyf maande nadat haar vriendin haar werk verloor het daarvan uitgevind. “Ek het toe besef dat ek so op my eie lewe en my eie kwessies fokus dat ek my vriendinne afskeep. Ek probeer nou gereeld by haar en ander vriendinne inloer.”

3. Pasop vir die verkeerde raad

Ons almal het nou en dan nodig om by ’n vriendin af te pak, maar as jy die dag die een is wat moet raad gee, moet jy baie versigtig wees. Die “verkeerde” raad het al ’n wig tussen vriende ingedryf. “Ek het vir ’n vriendin gesê sy moet van haar man skei en dit was ’n groot fout, want sy het my daarna telkens daaroor verwyt. Ek is baie spyt daaroor,” vertel ’n vrou wat anoniem wil bly. Wees versigtig met jou woorde en veral met raad wat lewensveranderende gevolge kan hê.

4. Wees daar as jou vriendin jou nodig het

’n Mens is nie altyd lus om iemand te help nie, maar soms is dit nodig, veral as jy weet jy kan altyd op daardie vriendin se knoppie druk.

5. Waak teen jaloesie

Dit is nie aldag maklik om nie jaloers te wees nie. Jou vriendin het dalk ’n droompos, ’n bankbalans met baie nulle, ’n man wat soos ‘n Griekse god lyk, ’n huis wat in ’n tydskrif hoort en kinders wat in als uitblink, en jy het nie een daarvan nie. Maar julle is vriende en ware vriende is trots op mekaar se prestasies en bly as dit met die ander een goed gaan.

6. Moenie huiwer om te vra vir dit wat jy soek nie

As jy hulp benodig om iets te oorkom, vra daarvoor.

7. Sê jammer

Erken as jy ’n fout gemaak het, want dit sê iets van jou volwassenheid en sal jul vriendskap versterk.

Hooffoto: Elina Fairytale vir Pexels

Lees nog: Raad vir ongesonde vriendskappe

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

24 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.