7 dinge wat op elke balkon moet wees deur Cornel Dunn.
1. Sjarmante sitplek vir jou oggendkoffie
Skaf ’n tafeltjie en stoel aan. Al wat jy vir jou oggendkoffie nodig het, is ’n kafeetafeltjie wat verkieslik kan opvou en gestoor kan word.
Lees ook: Stilering met strooikussings: Wenke om jou spasie te vervolmaak
2. Vloerkussings is ’n moet
Vloerkussings is geskik vir hierdie ruimte en verleen dadelike ’n ontspanne atmosfeer aan jou balkon. Daar is vele buitelugmateriale beskikbaar sodat jy dit nie heeltyd in en uit hoef te dra nie.
Lees ook: 5 dinge wat jy moet weet voordat jy buitemeubels koop
3. ’n Mat laat dit na meer lyk
Sit ’n kleurryke buitelugmat op jou balkon. Dit verleng jou woonstel van binne na buite.
Lees ook: Die beste wenke vir klein leefspasies
4. Maak die meeste van jou muurspasie
Belê in hangplante en weerbestande kuns of rakke. Vertikale tuine is nou groot nuus – omhels dit!
Lees ook: 5 dekorflaters wat jy moet vermy
5. Skep ’n balkonoerwoud
Kies groen plante vir jou balkon. Maak seker die plante pas by die klimaat en ligging, want anders gaan jy met verlepte plante sit.
Lees ook: Hoe om tuin op jou balkon te maak
6. Ontspan in ’n hangmat
Jy het eindelose moontlikhede as jy ‘n hangmat wil aanskaf. Maak seker dat daar plek en ondersteuning is om dit stewig vas te maak.
Lees ook: Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis, en hoe om dié beleggings te maak
7. Sambrele vir die son
As jou balkon nie ‘n dak het nie, belê in ’n goeie sambreel sodat jy lank op die balkon kan kuier sonder om te brand.
Lees ook: Plante wat selfs beginners aan die groei kan kry