Die lekkerste Valentynservaring wat ek tot nog toe gehad het, was in standerd een – of deesdae graad drie. Ná pouse het ek na my stoel toe gestap en het heeltemal niks van die dag gemaak of verwag nie. Ek was maar in my eie oë ’n lelike eendjie en eerder die seuntjies se maatjie as hulle Valentyn! Daar lê toe ’n eenvoudige kaartjie op my skoolbank met die woorde “gelukkige Valentynsdag” binne-in. Geen naam nie. Ek was so verras en in my noppies met my geheime bewonderaar dat die eenvoud van die kaartjie en die woorde nie eens saak gemaak het nie. Dit was daardie geheimsinnigheid, daardie kinderlike onskuld wat my vandag nog met ’n glimlag laat terugdink. ’n Week later het ’n blonde outjie met die naam Eben my die kys gevra en gebieg dat dit hy was! In die jare daarna het baie rose, sjokolade en geskenkies gevolg maar my heel eerste Valentyn bly my gunsteling!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }My gunstelingherinnering strek terug tot my standerdnegejaar. Dit was Valentynsdag en ek het nog geslaap toe my ma kom sê daar’s iemand by die voordeur. Ek trek toe my japon aan, druk my hare reg, borsel gou tande en gaan vinnig, maar nie te ywerig nie, na die voordeur. Daar gekom, is daar niemand nie, net ’n groot opgeblaasde hartjie met ’n pleister op wat sê: “I love you so much it hurts.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }My lekkerste Valentynsdagherinnering kom uit my matriekjaar. My destydse kêrel het vir my blomme en melksjokolade skool toe gestuur. Dit was tydens opening afgekondig. Ek was ’n bietjie skaam om voor almal op te staan en my geskenkie op die verhoog te gaan haal (nogal by die hoof!), maar ek het dit uiteindelik reggekry en daarna gedink dit was baie oulik van my kêrel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }My gunsteling-Valentynsdagherinnering kom uit 2008 toe ek net vir Gerber ontmoet het. Ons was ’n klomp single vriende en toe besluit ons om sommer almal se name in ’n hoed te gooi en iemand te trek vir wie ons deur die dag iets spesiaals sou doen. Geluk was aan ons kant, want ek en Gerber het mekaar se name getrek. Ek was die hele dag op ’n skattejag vol verrassings en moes oulike, kreatiewe goedjies ontdek en doen. Daardie aand het ons klomp ’n Valentynspartytjie gehad waar almal moes vertel wat hul verrassing die dag was. Gerber was my GROOTSTE verrassing, want hy is nou my WONDERLIKE man!
My beste herinnering aan Valentynsdag kom uit my laerskool- en hoërskooljare. Ons het altyd kaartjies gemaak of gekoop en dit dan met ’n “posdiens” of via ’n vriendin gestuur aan die een op wie jy verlief was. Die hoop was dat hy sou weet dis jy, en die grootste geskenk terug was ’n geheimsinnige glimlag as julle verby mekaar stap op pad na ‘n volgende klas, of ’n geselsie, natuurlik, wat jou bene lam gemaak het! Dit was ook lekker om te probeer uitvind by wie jy ’n kaartjie of sjokolade gekry het, hoewel dit partykeer ’n groot skok was, ha-ha. Dit was alles jonk en onskuldig en sonder komplikasies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ek en Jody is nie rêrig Valentynsdagmense nie, maar een jaar het hy op Valentynsdag weg van die huis gewerk. Hy het vroeg die oggend huis toe gevlieg, my verras, ’n romantiese ontbyt gemaak en my die hele dag vrot bederf. Later die aand het hy terug stel toe gevlieg. Dit was ’n baie spesiale dag.
My gunstelingherinnering is aan die Valentynsdag toe ek in standerd sewe was. Ons skool het op hierdie dag ’n gebruik gehad dat leerders vir hul love interest naamlose sjokolade en ballonne ensovoorts kon bestel wat dan gedurende klastyd afgelewer is. Ek was maar bietjie van ’n langbeenspinnekop, net arms en bene, en het nie veel aandag van die teenoorgestelde geslag gekry nie en het nie juis verwag om iets van enige “geheime bewonderaar” te kry nie. Maar toe die Valentynsbestellings ons klas bereik, kry ek nie ’n sjokolade of ballon soos die ander nie, maar ’n bloedrooi roos en ’n groot kaartjie wat sê “Be my Valentine”. Die hele klas was in vervoering oor die ongewone geskenk en natuurlik doodnuuskierig! Ek het net skaam geglimlag, want al weet ek tot vandag toe nie wie die galante Valentino was wat my so spesiaal laat voel het nie, sal ek daardie gevoel nooit vergeet nie!
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.