kategorieë: HareSkoonheid

6 wenke vir #fotomooi hare

1. Volume

“Groot” hare werk nie op foto’s nie, maar hare wat aan jou kopvel vasklou net so min. Die antwoord is iets tussenin. Konsentreer op volheid by die wortels en gebruik ’n produk wat volume gee voor jy jou hare droogblaas. Droë sjampoe skep ook wonderlike volheid. Sit jou pluiskam weg, want op ’n foto kan lig deur die gepluiskamde hare skyn en ietwat vreemd lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Los hare langs jou gesig

Moenie agter jou hare wegkruip nie. ’n Paar los stukkies hare langs jou gesig kan wel mooi lyk, maar nie in jou gesig nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Die Half-op, half-af styl

Hierdie styl werk goed as jy min tyd het om jou hare te doen. Ons hou van die bolla bo-op die kop, wat vars en modern lyk. Wees bedag as jy langer as die res van die mense op die foto is, want jou bolla kan dalk “afgesny” word op die foto.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Die effense deurmekaar styl

’n Styl wat te gedoen lyk, kan baie vinnig staties lyk. ’n Effense deurmekaarder styl wat lyk of dit beweeg, werk goed op foto’s. Kies dus los golwe pleks van stywe krulle. As jou hare vir jou te perfek gedoen lyk, gooi jou kop effens vooroor en trek jou hande deur jou hare, nie dat dit deurmekaar moet lyk nie, maar eerder om beweging te skep.

5. Serum vir jou hare

Wegvlieghaartjies of gekroesde hare kan baie duidelik op ’n foto gesien word. As jy hiermee sukkel, begin met haarprodukte wat die hare glad en blink maak. Tem wegvlieghaartjies na die tyd en net voor ’n foto met ’n serum.

6. Blink hare

Blink hare lyk gesond en mooi op foto’s. Wend die produkte op die midlengte en haarpunte aan sodat dit nie jou hare plat en olierig maak nie.

Lees hier: Wenke vir gesonde hare hierdie somer

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.