kategorieë: Gesondheid

6 vrae oor mediese fondse in 2018

Jou mediese fonds is een van jou groter maandelikse uitgawes en dis belangrik om weer goed te kyk na watter dekking jy werklik nodig het vir die jaar wat voorlê. Is jou huidige opsies steeds voldoende vir jou behoeftes? Of dalk is jou behoeftes skraal in vergelyking met hoeveel jy betaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Premiums neem jaarliks toe en boonop verander die hoeveelheid voordele binne jou plan ook. Maak baie seker dat jy vertroud is met die besonderhede van 2018 se voordele.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jill Larkan, hoof van Healthcare Consulting by GTC, sê jy moet jouself elke jaar die volgende ses vrae afvra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Verwag jy enige groot mediese geleenthede vir volgende jaar?

Hetsy dit ’n nuwe baba, gekose (elective) chirurgie of groot tandheelkundige werk is, moet jy in ag neem dat dit nie net die operasie self is wat onkostes gaan bevat nie. Daar is ook hospitaalverblyf, opvolgbesoeke by spesialsiste en na- operasiesorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Is daar die opsie van ’n netwerk?

Heelwat mediese fondse bied ’n groot afslag as jy kundiges en hospitale binne hul goedgekeurde netwerk gebruik. Maak net vooraf seker dat jy gelukkig is met die dokters, spesialiste en fasiliteite wat hulle voorskryf. Dit mag wees dat die goedgekeurde hospitaal nie in jou nabye omgewing is nie.

3 Hoe lank het jou mediese spaarrekening jou in 2017 gehou?

As jy gewoonlik teen Maart droog loop, moet jy oorweeg om na ’n hoër plan op te skuif. As jy dit nie kan bekostig nie, moet jy voorsienning maak deur ekstra geld in ’n spaarrekening te sit vir moontlike mediese onkostes.

4 Hoeveel kan jy maandeliks betaal?

Dit is ongelukkig ’n feit dat mediese fondse meer togeneem het as inflasie en dus is die moontlikheid groot dat jy volgende jaar minder besteebare inkomste sal oorhê ná jou mediese fonds-aftrekking. Weeg die risiko vir moontlike onkostes op teen die moontlike kleiner besteebare inkomste wat jy daagliks gaan hê.

5 Weet jy hoe jou huidige mediese plan verander het?

Maak tyd om deur die veranderinge vir die volgende jaar te lees en kyk hoe dit jou gesin en mediese probleme raak. As daar onduidelikhede is, kontak ’n adviseur by die fonds om jou te help.

6 Wanneer moet jy besluit?

Die meeste mediese fondse werk binne die bestek van ’n kalenderjaar – dus van 1 Januarie tot 31 Desember, maar jy moet voor die tyd laat weet as jy jou fonds wil verander. Daar is ook fondse wat vanaf 1 Julie werk. Maak vroegtydig seker hoe joune werk.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

9 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

20 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.