Hier is ses redes waarom denims die beste is:
- Daar is ’n groot verskeidenheid om van te kies! Die opsies is eindeloos.
- Denims hou nege uit die 10 kere langer as enige ander broek.
- Denims is veelsydig: dit kan vir informele asook meer deftige geleenthede gedra word.
- Jou agterstewe lyk goed in die regte paar jeans.
- Denims is maklik om te stileer want jy kan dit saam met baie ander items en bykomstigehede dra.
- Denims voel duursaam en is dus ’n goeie belegging.