6 slim wenke vir Plaashuisdekor deur Cornel Dunn. Foto’s deur Istock
Plaashuisdekor is warm, snoesig en ontspanne en met hope sjarme en karakter. Om te voorkom dat dit dalk effe kitsch lyk, moet jy ’n balans tussen oud en nuut verseker. Dit moet skoon, stylvol en warm lyk.
Kies jou plaashuisvoorkoms
Daar is soveel style om van te kies! Besluit op een en hou daarby vir jou hele huis.
- Franse plaashuis
- Skandinawiese plaashuis
- Rustieke plaashuis
- Moderne plaashuis
- Kus-plaashuis
- Tradisionele plaashuis
- Industriële plaashuis
Lees ook: Nooi die lente binne!
Wenke vir die perfekte plaashuisvoorkoms
1. Gebruik hierdie as jou basis
Begin met ’n houtmuur (shiplap). Dit is redelik maklik en goedkoop om so ’n muur aan te bring.
Lees ook: 5 dekorflaters wat ons almal maak
2. Hoera vir hortjies!
Omraam jou vensters met houthortjies. Jy kan selfs ou rame gebruik wat volop te kry is by skrootwerwe en tweedehandse handelaars.
Lees ook: Kies die regte hortjies vir jou huis
3. Kies hout of klip vir jou vloere
Houtvloere is deesdae heel bekostigbaar en kan self gepak word. Boonop is dit warmer as meeste ander vloerbedekkings. Teëls pas glad nie by hierdie voorkoms nie. Klip is wel ‘n ander moontlikheid.
Lees ook: Hoe om die regte mat vir jou huis te kies
4. Nooi dié dinge binnetoe
Gebruik verwaarloosde buite-items en gee dit ’n nuwe lewe in jou huis. Dink aan iets soos ou hortjies, ou vensterrame en ou voerkrippe.
Lees ook: Hoe om die perfekte plantheining te kweek
5. Lere werk lekker!
Lere gee baie atmosfeer as dit in die huis gebruik word. Jy kan handdoeke daaraan hang, of as selfs as stoorplek in die kombuis gebruik.
Lees ook: Hoekom jy in linne moet belê
6. Ons hou van houtkissies
Jy kan nooit genoeg houtkissies hê nie. Hierdie kissies is tipies aan die plaasdekorstyl en is boonop prakties omdat jy jou ware stylvol kan stoor.
Lees ook: Hoe om die meeste uit jou ateljee-woonplek te kry
7. Swartborde bo!
’n Swartbord is ook baie treffend vir hierdie voorkoms. Verf sommer ’n hele muur daarmee.
Lees ook: 5 mooi ligte wat jy self kan maak
Lees ook: Bonsai vir beginners
Verskaffers
Mr Price Home | www.mrpricehome.com