1 Spuit jou parfuum op ’n paar oorstokkies en sit dadelik in ’n toe-zip sakkie vir wanneer jy reis. So kan jy vinnig op jou pols en agter jou ore parfuum aanwend sonder om ’n hele botteltjie saam met jou te dra.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }2 Spuit ’n klein bietjie haarsproei op ’n knippie om seker te maak dit bly in plek op jou hare.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }3 As jou maskara droog geword het en jy het nog nie kans gekry om ’n nuwe buisie te koop nie, sit jou maskara vir ’n paar oomblikke in warm water (amper kokend) om dit weer sag sal maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }4 Maak jou eie glinsterende naellak. Gebruik ou oogskadu, maak dit fyn en meng met deursigtige naellak.
5 ’n Nuwe gier is verhitte wimperkrullers. As jy nie een kan bekostig nie, maak jou eie! Blaas vir ’n paar sekondes warm lig met ’n haardroër op jou doodgewone wimperkruller (wees versigtig dat jy dit nie te warm maak nie), en gebruik jou wimperkruller soos gewoonlik – die resultaat, vinniger gekrulde wimpers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }6 As jy nie van vals wimpers hou nie maar graag voller wimpers wil hê, gebruik babapoeier (of los grimeerpoeier) op jou wimpers. Vee die poeier liggies oor jou wimpers en volg met maskara. Hou aan om jou maskara aan te wend tot die poeier glad nie meer sigbaar is nie. En siedaar! Jy het voller wimpers met minder moeite.
Lees ook: WEN ‘n Hello Sunday-geskenkpak van Clicks, ter waarde van R2 000!
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.