kategorieë: Leef gesondGesondheid

6 slaapprobleme, 6 oplossings

Probleem 1


Oorstimulasie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Oplossing
Raak rustig in die twee uur voor slaaptyd. Dit is nie nou die tyd om op jou foon of rekenaar te wees nie. Sorg dat jy saans rustig en vreedsaam verkeer, en hou veral jou slaapkamer rustig. Moenie slaaptyd kies om ernstige sake met jou maat te bespreek of te stry nie. Bly weg van kos wat jou kan stimuleer, soos soetgoed, koffie en wyn. Daardie glas kitssjokolademelk wat veronderstel is om jou te laat slaap, is propvol opkikkerende suiker. Drink jy tee ná nege? Dit bevat byna net soveel kafeïen as kitskoffie. Demp die ligte, want dowwe lig sein aan jou brein se slaapsentrum dat dit nag is. Of steek die kerse aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Probleem 2


Wegholgedagtes

Oplossing
Die oorsaak is meestal stres en/of angs. Leer ontspanningsoefeninge soos om ritmies asem te haal, jou spiere van jou tone tot by jou voorkop om die beurt saam te trek en te ontspan, of om ’n wonderlike, rustige droomplek te visualiseer waarheen jy as ’t ware kan ontvlug. Vir party mense help dit om ’n inspirerende leuse of Bybelteks te herhaal tot hulle in beheer voel. Nog ’n plan: laat jou maat jou rug en skouers masseer, of doen dit self met ’n masseertoestelletjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Malende gedagtes is ook tipies van depressie, angsversteurings en ander gemoedsiektes. Vra jou dokter om jou te evalueer.

Lees ook: Swaar menstruasie: Het jy endometriose?

Probleem 3


Nagmerries ry jou

Oplossing
Nagmerries gaan dikwels met stres, angs, slaap-apnee en rustelose bene-sindroom gepaard. Sekere medisyne, nikotien en alkohol veroorsaak ook nagmerries, en moet uitgeskakel word. ’n Tegniek wat besonder goed werk, is om doelbewus ’n goeie, lekker, positiewe afloop vir jou nagmerrie te visualiseer, om so die angswekkendheid van die nagmerrie te breek. Dit help ook om vroegaand te oefen omdat dit die vlakke van jou streshormone verlaag. Joga is veral kalmerend.

Probleem 4

Jy kry maklik warm of koud

Oplossing
Verruil jou duvet vir lakens en komberse sodat jy lae kan afhaal of byvoeg. As jy neig om koud te kry, kan jou bloedsomloop swak wees. Stap meer deur die dag, en sirkel jou voete en hande sodra jy in die bed klim. As gloede pla, oorweeg hormoonvervanging. Maar gesels eers met jou dokter.

Lees ook: Gordelroos: Wat jy moet weet

Probleem 5

Dit raas om jou

Oplossing
Mense met slaap-apnee en sinusprobleme neig om te snork, en pla hulself en hul slaapmaat. Die erns van albei toestande word onderskat – jy het regtig mediese hulp nodig. Jou slaap is belangrik genoeg vir jou gesondheid dat jy eenvoudig in ’n ander kamer moet gaan slaap as jou maat jou uit die slaap hou.

Lees ook: Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens

Probleem 6

Dit ruk en rol in jou bed

Oplossing
Verbasend baie mense ruk en skop onbewustelik snags, wat beteken dat hulle, net soos met slaapapnee, aan slaapgehalte inboet. Rustelose bene-sindroom is net so hinderlik. Gesels met jou dokter daaroor. Yster- en kalsiumaanvullings help vir party mense. As een maat baie groter as die ander een is, kan die groter een op die kleiner een rol. Kry twee enkelbeddens en stoot dit teen mekaar en maak dit met koningsgrootte beddegoed op sodat julle steeds gesellig saam slaap maar mekaar nie pla nie.

Lees ook: Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik? Hou jou foon só skoner

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

GARDENA se tuinwenke en -idees vir herfs

Die dae word korter en die lug koeler en herfs bring ’n unieke sjarme en…

22 hours Gelede

Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik? Hou jou foon só skoner

Jou selfoon is dalk jou regterhand, maar navorsers het al ernstige bakterieë soos MRSA, Ecoli…

24 hours Gelede

Redes hoekom jou neus maklik bloei

Jy vra: Hoekom bloei my neus so maklik? Ons het die redes gaan uitvind. #rrGesondheid

2 days Gelede

Sewe toekennings later… nou is ‘Som van Twee’ in fliekteaters te sien!

Die goeie nuus is dat dié feestreffer nou in fliekteaters landwyd te sien is.  …

2 days Gelede

Vandag is Wafeldag! Hierdie is die beste-este wafels

Genoeg vir 6     Bestanddele   250 g repiesspek 100 g pekanneute 15 ml…

2 days Gelede

‘Niggies’: Alles wat jy moet weet voor die eerste episode!

Niggies is op ware gebeure gegrond en speel in twee tydvakke af – in 1966…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.