kategorieë: TrendsMode

6 Rokke wat jy nóu moet koop – en later steeds kan dra!

6 Rokke wat jy nóu moet koop – en later steeds kan dra!  deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pichulik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Blompatrone op ’n donker agtergrond

Ek dink nie ons sal ooit die einde sien van blompatrone nie. Dit is ewe gewild in die somer- en wintermaande.

Die truuk is om die regte patroon en styl te kies wat jy dwarsdeur die jaar kan dra. Blompatrone met ’n donker agtergrond is die veiligste keuse. Dit is dikwels die gewildste effek vir die winter, maar kan ook in die somer gedra word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Dra hierdie rok nou met ’n paar leersandale en komende winter met enkelstewels en ’n swart leerbaadjie.

Lees ook: 5 bra’s wat jou lewe sal verander

Maksirok met blomme van H&M 6 Rokke wat jy nóu moet koop – en later steeds kan dra!

2. Rok met valle

Die Spaanse gevoel was laasjaar gewild en groot valle word ook voorspel vir komende wintermodes.

Maak seker jy wend die valle aan op die regte plekke. Dit gee volume en kan klein borste groter laat lyk, maar kan ook groot heupe groter laat vertoon.

#rrWenk: Hierdie rokke is perfek vir ’n troue of netjiese geleenthede, maar kan ook elke dag gedra dra word met ’n paar plat sandale en min bykomstighede.

Lees ook: Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur

Maksirok met diagonale valle van PichulikXNadya

3. Gemaklik wit

Wit is nie ’n kleur wat jy na ’n troue toe wil dra nie. Wanneer jy ’n wit rok koop, koop dit vir die meer informele geleenthede.

Hierdie rok is perfek vir elke dag se dra en jy kan dit net so maklik oor jou swembroek oorgooi. Dit is ook nie ’n styl of kleur wat sommer uit die mode sal gaan nie.

Pas dit egter mooi op, sodat jy dit nog lank kan dra!

Lees ook: Vlei jou beste bates in ’n eenstuk-swembroek: Ons wys jou hoe

Maksirok met uitgesnyde detail van Poetry 6 Rokke wat jy nóu moet koop – en later steeds kan dra!

4. Dun bandjies

Vir ’n geruime tyd al is rokke wat bo-oor ’n wit hemp gedra word hoogmode. Die truuk is dat die rok medium tot dun bandjies moet hê om die styl te laat werk. Die hemp-toevoeging is perfek om selfbewustes se bo-arms te verbloem en gee ’n gemakselement aan die uitrusting.

Vir warmer dae kan jy dit sonder die hemp ook dra.

Wanneer hierdie tendens ons verlaat, sal so ’n rok nog lank in ons kas bruikbaar wees.

Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap met ons beste wenke

Gestreepte rok met t-hemp van Old Khaki

5. Hemprok

Daar is min rokke so vleiend soos ’n hemprok. Jy moet net die regte styl en materiaal kies vir die geleenthede wat jou leefstyl pas. Die rokke van dikker materiaal met ’n gordel (soos hierdie een in die foto) is perfek vir werk saam met ’n paar hoë hakke en selfs ’n paar brogues.

#rrWenk: Kies een van ’n dunner materiaal wat meer informeel en koeler is vir somer-naweke.

Lees ook: 8 modefoute wat jou slordig kan laat lyk

Hemprok met gordel van Poetry 6 Rokke wat jy nóu moet koop – en later steeds kan dra!

6. Volhoubaar

Die Eros-rok is vervaardig uit ’n rayon-vesel wat dieselfde gevoel het as materiale soos poliëster, maar is baie beter vir die omgewing. Alle kledingstukke van Sitting Pretty word plaaslik vervaardig om werkskepping te verseker, in ’n etiese en veilige omgewing. Sitting Pretty-stukke – soos die Eros-rok – is in ’n klassieke styl wat langer as die neigings gaan leef en kan formeel of informeel gestileer word.

Lees ook: Hoe om seker te maak dat jou gunsteling-jeans langer hou

Maksi-oorvourok van Sitting Pretty

Kry dit hier:

H&M

Old Khaki

Pichulik

Poetry

Sitting Pretty

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.