kategorieë: WenkeMode

6 reiswenke vir jou juwele

Stoor kleiner juwele in pilhouers

As jy ringe, klein oorringe of ander juwele het wat maklik verlore kan raak, pak dit in ’n pilhouer (dié wat elke dag van die week aandui). Dit is perfek om jou klein juwele bymekaar en heel te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ryg halssnoere deur ’n strooitjie

Sny ’n paar strooitjies middeldeur, trek dan ’n enkele string van jou halssnoer of armband daardeur. Maak seker dat ’n gedeelte van die halssnoer of armband aan elke kant uithang, sodat jy dit steeds kan vasmaak. Dit sal verhoed dat die item nie knoop nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gebruik kleefplastiek

Sit jou juweliersware tussen twee velle kleefplastiek om te voorkom dat dit in jou tas rondskuif. Kleefplastiek is ideaal om jou halssnoere afsonderlik te verseël, sodat hulle nie inmekaar vasgevang word nie. Wanneer jy dit wil dra, trek dit uit die plastiek en seël dit weer om dit netjies te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ziploc-sakkies

Plaas halssnoere in ’n Ziploc-sakkie en sorg dat ’n gedeelte van die kettinkie by die sakkie uitsteek. Maak dan die sakkie in die middel toe en rol dit op sodat die halssnoere nie verstrengel raak nie.

Pak dit tussen jou klere

Pak jou juwele plat tussen gevoude klere sodat die platgedrukte klere die juwele in plek hou. Jy kan ook langer halssnoere in sneespapier rol en dit in die oop gleuwe tussen jou klere sit, sodat dit nie aan jou klere haak nie (die bogenoemde Ziploc-sakkies en kleefplastiek sal verhoed dat die kettings aan jou klere haak.)

Koop ’n juweelorganiseerder

’n Juweelorganiseerder werk uitstekend vir wanneer jy reis. Maak net seker dit is sterk, prakties en bevat individuele kompartemente.

Lees ook: 8 pakwenke vir jou vakansie

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.