kategorieë: VelsorgSkoonheid

6 moet-hê skoonheidsprodukte vir sjokoladeliefhebbers

Deur: Corné Greeff. Hooffoto Freepik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bourjois se Delice de Poudre Bronzing Powder (R179,95) gee jou wange daardie natuurlike, gesonde glans. Dit ruik en lyk presies soos sjokolade so as jy ’n sjokolus is, kan jy dit gerus aanskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na die eerste keer dat jy die Vaseline Intensive Care Cocoa Glow in Lotion (R22,99 vir 200 ml en R35,99 vir 400 ml) aangewend het, sal jou vel dadelik meer bevogtig en sag voel. Die room trek vinnig in jou vel sodat dit jou vel deeglik bevogtig. Dit het ook ’n heerlike kakao-geur. Die kakaobotter wat uit die vet rondom die sjokoladebone ontgin word, is al ’n geruime tyd ’n gewilde bestanddeel in lyfrome. Dit is perfek vir wanneer jy ontslae wil raak van littekens en ’n droë vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy met droë lippe sukkel, is die Palmer’s Cocoa Butter Dark Chocolate & Cherry Ultra-Moisturizing Lip Balm (R26,95 beskikbaar by Dis-Chem) jou antwoord. Dit word gemaak van ’n spesiale kombinasie van Palmer’s se suiwer kakaobotter en vitamien E-formules. Dit bied ulta-bevogtiging vir jou lippe wat jou lippe glad, sag en glansend laat met ’n lekker aroma van donkersjokolade en kersies. Jy kan dit ook aanwend om te voorkom dat jou lippe droog word.

As jy op soek is na ’n sjokolade-kleur vir jou lippe, kan jy gerus die Essence Butter Stick Glossy Love In 05 Melted Chocolate (R54,95 beskikbaar by Dis-Chem en aanlyn by takealot.com) probeer. Die sagte tekstuur wat kakaobotter bevat, skep ’n blink/nat voorkoms aan die lippe. Kakaobotter is ’n natuurlike preserveermiddel wat nie net lekker ruik nie, maar ook ’n helende effek op jou lippe sal hê.

Die Esse Skincare Cocoa Exfoliator (R315) kan weekliks by jou skoonheidsroutine ingewerk word. Hierdie afskilferaar se sjokolade-aroma help om dooie velletjies te verwyder en die vel weer sag te laat voel. Kakao bevat baie natuurlike antioksidante en is doeltreffend teen fyn lyntjies. Dit verbrand ook vet en die aroma van sjokolade aktiveer ook positiewe emosies in jou brein wat jou gelukkig laat voel.

Hierdie gesigmasker ruik so lekker, jy sal dit amper wil eet! Die Lush Cupcake Fresh Face Mask (R160 beskikbaar by Lush-winkels) sal na 15 minute jou vel lekker skoon en sag laat voel. Dit bevat Rhassoul-modder, wat hoogs absorberend is, en dit werk goed saam met die kakaopoeier in die masker sodat dit jou vel deeglik skoonmaak en al die vuil wat deur besoedeling veroorsaak word, verweider. Die kakaobotter help om die vel te bevogtig en sagkuns te laat.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

9 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

15 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

16 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

16 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

16 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.