kategorieë: Leef gesondGesondheid

6 maniere om jou dag reg te begin tydens die inperking

6 maniere om jou dag reg te begin tydens die inperking deur Anet Schoeman, verwerk deur Catherine Schenck.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is 6 maniere om jou dag reg te begin tydens die inperking

Na etlike dae onder inperking is dit steeds moeilik om ’n roetine vas te stel – en party dae sien mens amper nie kans om op te staan nie. Hier is ses praktiese dinge wat jy kan doen om die dag reg te begin tydens die Covid-19-pandemie se “lockdown”

Lees ook: Hoe om kalm te bly tydens die inperking

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

30 maklike dinge wat jy nou kan doen om jou lewe te verbeter

1. Beweeg jou lyf

Doen ’n paar strekke of oefeninge om aan die gang te kom. Loer hier vir die 5 beste, maklikste oefeninge om by die huis te doen om fiks te bly en beter te voel.

As jy gelukkig genoeg is om tuinspasie te hê, gaan loop deur jou tuin. Andersins kan jy op die balkon of by ’n venster gaan staan. Die helder lig affekteer jou sirkadiese ritme en laat jou op en wakker voel.

Haal ’n paar keer diep asem – dit laat jou sommer kalm voel.

Loer ook hier vir 5 strekke wat jy kan doen om spanning te verlig, of hier vir asemhalingsoefeninge wat jou kalm hou, en hier vir ’n 6-week-lange oefeningsuitdaging.

6 maniere om jou dag reg te begin tydens die inperking

Lees ook: Hoe om jou vrese en frustrasies te bestuur tydens die inperking

2. Drink water

Drink ’n groot glas water wanneer jy opstaan om vir waterverlies deur die nag te vergoed. As jy optimaal gehidreer is, voel jou brein skerp en jy meer energiek.

Lees ook: Ons slim waterdrinklysie

3. Lees

Gun jou soggens ’n bietjie tyd om iets inspirerends te lees, al is dit net een bladsy lank. Dalk is dit net daardie ekstra vyf minute wat jou meer geduld en empatie gaan gee.

6 maniere om jou dag reg te begin tydens die inperking

Lees ook: 6 maniere om langer en lekkerder te lewe

4. Tel jou seëninge

Mense wat elke dag drie dinge uitlig wat daardie dag goed verloop het, het ná ’n week minder depressief gevoel. Maak soggens ’n paar minute tyd om na te dink oor die vorige dag, identifiseer wat goed verloop het en hoekom.

6 maniere om jou dag reg te begin tydens die inperking

Lees ook: Hoe om die inperkingstyd as ’n kans vir heling en groei te sien (en wat om te doen as jy nie so voel nie)

5. Eet jou rape eerste

Doen soggens een klein takie wat jy verpes sodat jy saans goed voel daaroor. Maak die kombuis skoon, pak die wasgoed weg …

Lees ook: Sê dit net: Leer hoe om nee te sê

6. Gesels met iemand

Mense met meer sosiale kontak leef langer. Praat met jou geliefdes, huismaat of troeteldier, of bel iemand sodat jy nie vereensaam nie.

Lees ook: Leef stadiger, leef méér

Nog hulp en inspirasie vir die COVID-19-inperking

Hier is nog hulp en inspirasie om meer positief te voel oor die krisistyd wat ons beleef.

Hoe verskil COVID-19 van griep en verkoue?

Hoe om reg inkopies te doen tydens die inperking en Coronavirus-pandemie

Hoe om jou inkopiesakke en handsakke reg skoon te maak in die tyd van COVID-19

Raadop met jou kinders tydens die inperking? Hier is hulp

Bevorder jou beroep tydens die inperking

Hoe gaan dit met jou? Ons reeks waar ons met bekendes oor hul ervarings in “lockdown” gesels

Raad vir beter kommunikasie en konflikhantering tydens die inperking

3 GRATIS besigbly-aktiwiteite om nou af te laai

Pak jou skoonheidsprodukte reg en weg

Gee jouself ’n “facial”

Die mooiste style met haarserpies

Die 10 dinge wat jy nou in jou klerekas moet regruk tydens die inperking

10 hekel- en breipatrone wat jy nou moet maak

Sorteer nou jou familiefoto’s uit

Blokraaisels en woordspeletjies wat jy nou kan aflaai

“Declutter” jou huis en voel sommer baie beter

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

1 hour Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

2 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.