Weet jy wat is jou risiko op doofheid? En as jy ’n groter risiko loop, is dit tyd dat jy jou eie oudioloog uitsoek?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Almal van ons sal effens doof raak soos wat ons ouer raak, vertel Yolandé van der Westhuizen, oudioloog van Centurion. “Maar mense wat in hul lewe aan spesifieke middels blootgestel is of aan spesifieke siektes ly, loop beslis ’n groter risiko vir doofheid. Hulle kan meer doof raak óf op ’n jonger ouderdom begin sukkel met gehoor.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Daar is verrassend baie algemene middels wat aan doofheid gekoppel word- van aspirien tot droogskoonmaakmiddels, verfverdunners, die ontsmetmiddels wat tipies ‘skoon’ ruik … en daardie kannetjies insekgif wat ons so maklik spuit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Wat verhoog jou kanse op doofheid? Kom ons begin by die een waaraan die meeste van ons nie dink nie:
Ons gebruik dit almal, soms of gereeld. Ibuprofen as ons griep of verkoue het, en waarskynlik het jy al streptomisien as antibiotika vir een of ander infeksie gehad. Hulle word egter ook aan doofheid gekoppel. Darem nie omdat jy dit ’n week of wat vir verkoue of infeksie gebruik het nie. Dit gaan oor langtermyn gebruik en/of gebruik in hoë dosisse.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ander medikasies wat jou risiko op doofheid verhoog, sluit in:
Net soos medikasies hou talle chemikalieë ’n risiko vir doofheid in, veral as jy blootgestel is aan gomme, drukkersink, insekspuitmiddels, ontsmetmiddels, oplosmiddels en verfwerk. Jy behoort te weet met watter chemikalieë jy in kontak is. As jy nie weet nie, vra jou werksplek se gesondheid- en veiligheidsbeampte. Hy/sy behoort voorsorg te tref om jou daarteen te beskerm.
Hier is die lys van middels wat jou gehoor kan beskadig. Hoe langer jy aan hulle blootgestel word, hoe groter is jou risiko op doofheid soos jy ouer raak.
As jy meer wil weet oor werkplekblootstelling, lees gerus self ons bron hier
Baie van die bostaande chemikalieë vorm tydens brande. Dus loop brandweerpersoneel wat voortdurend blootgestel ook ’n risiko op doofheid.
Een van jou werksplekregte: ’n ruimte waar geraasvlakke nie jou gehoor beskadig nie. As dit hoog is, kontak jou werksplek se veiligheidsbeampte, om seker te maak dit word korrek bestuur.
Jou risiko op doofheid is hoër as jy diabetes, hoë bloeddruk of ’n outo-immuunsiekte het.
Die meeste mense verloor na die ouderdom van 35 hul gehoor. Dit gebeur gelukkig baie geleidelik, en jy sal waarskynlik goed genoeg hoor tot in jou vyftigs. Na vyftig ervaar die meeste van ons ’n duidelike mate van gehoorverlies. Moenie nou jou gehoor afskeep nie. Laat dit toets, en kry die nodige hulp, sodat jy goed tot laat in jou lewe kan hoor.
Net soos wat jy ’n ginekoloog het behoort jy, as jy in die groepe met ’n groter risiko vir doofheid val, jou eie oudioloog te hê – iemand wat jou gehoor leer ken en gereeld evalueer wat nodig is om die beste van jou gehoor te maak, verduidelik Yolandé.
Waar kry jy ’n oudioloog? Kyk op die webwerf van die SA Association of Audiologists
As jy wonder hoe goed jy op die oomblik hoor, doen hierdie selftoets vir doofheid
Lees ook waarom dit beter vir jou gehoor is om so vroeg as moontlik ’n gehoorstuk te begin dra, eerder as om te wag totdat jy regtig doof is hier. Klik hier
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.