kategorieë: DekorLeefstyl

6 goedkoop maniere hoe jy jou huis met muurplakkers kan opknap

6 maniere hoe jy jou huis met muurplakkers kan opknap deur Cornel Dunn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Knap jou teëls in ’n japtrap op

Jy hoef nie ou, lelike teëls uit te kap om ’n moderne voorkoms te kry nie! Daar is deesdae eindelose keuses van vinielaanplakteëls wat lelike ou teëls kan verbloem.

Hierdie opsie is goedkoop en maklik om te verwyder as jy later moeg raak vir die patroon. Onthou net, maak die bestaande teëls goed skoon voor jy plak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Veral die Mediterreense voorkoms is nou baie gewild.

Lees ook: 5 mooi ligte wat jy self kan maak

Morokaanse vinielteëls (R309) Takealot 6 maniere hoe jy jou huis met muurplakkers kan opknap

2. Muurplakkers is ’n goedkoop oplossing vir kinderkamers

Kinders word gou groot (al voel dit party dae nie so nie) en ’n mens wil graag iets gebruik wat maklik verander kan word. Vinielplakkers is die antwoord want dis goedkoop en maklik om te verwyder. So kan jy elke nou en dan ’n nuwe voorkoms vir jou kind se kamer skep.

Lees ook: Die 5 beste wenke vir enige kinderkamer

Driehoekplakkers (R220) Takealot

Roos-ontwerp muurplakker (R480) Stickaroo

3. Gee jou woonkamer woema

Skilderye is peperduur en pas dalk nie in jou begroting nie. Deesdae is daar die mooiste muurplakkers wat jy in plaas van skilderye kan gebruik!

Lees ook: Maak jy enige van hierdie 5 dekorflaters?

Vintage blomme (vanaf R290) My wall tattoos

4. Muurplakkers kan jou kombuis binne minute opkikker

Hierdie teëls is in verskeie groottes beskikbaar. Meet die teëls in jou kombuis en kies dan ’n ontwerp waarvan jy hou. Jou kombuis sal vars lyk – sonder al die stof en werk van teëls uitkap!

Lees ook: Die jongste kombuistendense waarvan jy nou moet weet

Vinielteels (R453.98) ZA newchic 6 maniere hoe jy jou huis met muurplakkers kan opknap

5. Gee jou badkamer ’n nuwe baadjie

Vervang die ou tagtigerjare se groen en pienk en blompatroonteëls met hierdie oulike aanplakteëls. 1-2-3-woema, nè!

Lees ook: Swart is die nuwe swart

Badkamerteëls (R390) Takealot

6. Tower jou tuiskantoor om

Bring die tuin binne met hierdie pragtige plakkers – dit sal beslis ’n kalmerende effek op dié werksplekkie hê.

Lees ook: 10 dinge wat elke tuiskantoor moet hê

Delicious muurplakkers (R1 050) Stickaroo 6 maniere hoe jy jou huis met muurplakkers kan opknap

Verskaffers

Takealot | takealot.com

Fantastick | fantastick.co.za

Stickaroo | stickaroo.co.za

Sticky things | stickythings.co.za

My wall tattoos | mywalltattoos.co.za

ZA newchic |zanewchic.com

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

6 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.