kategorieë: Reis

54 on Bath, Rosebank, Johannesburg

Naam
Michelle Nortjé

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ligging
Rosebank, Johannesburg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Luukse standaardkamers, bestuurskamers (executive rooms), weeldesuites.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tariewe
Beskikbaar by Tsogo Sun Reservations: 0861 44 77 44 / +27 11 461 9744 of 54onbath.reservations@tsogosun.com.

Atmosfeer
Rustigheid in die stad. Perfek vir stadsjapies wat van hul besige skedules wil ontsnap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wie almal daar was
Ek en my suster Adéle.

Wanneer
28 Julie 2012

Waar ons oorgeslaap het
In een van die luukse standaardkamers met die mooiste badkamer en ’n spieëltafel wat ek begeer!

Waar ons geëet het
Aandete en ontbyt in die Level Four Restaurant – stadsjiek.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die Sex and the City-styl sjampanjekroeg.

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Die aandag aan detail en die manier waarop die personeellede elke gas op die hande dra.

New York, New York

54 On Bath is sjiek, gesofistikeerd en ultra-modern … ’n tipiese City Hotel. Die indrukwekkende ontvangsarea herinner aan New York, terwyl die uiters professionele personeel jou soos ’n koninklike laat voel.

Die spreekwoord sê: “Dis die klein dingetjies in die lewe wat tel”. Dis waar van 54 On Bath. Sodra jy by die hotel instap, betrap ’n wonderlike geur jou onkant. ’n Mengsel van blomme en speserye wat moeilik is om te beskryf, vul die hele vertrek en jy voel onmiddellik ontspanne. Wanneer jy nà ’n pikante glasie sap na jou kamer vergesel word, kry jy kans om die luuksheid van die hotel in te neem. Interessante skilderye en muurpapier, vase met vars orgidieë, pragtige kandelare en meubels in ligte pastelkleure betower jou deurgaans.

Fyn detail skep die perfekte, stil atmosfeer waarna bedrywige stedelinge verlang. Daar is geen musiek wat in jou ore blêr en die rustigheid versteur nie … al wat jy ervaar is stilte. Die hotelkamer is klinies skoon met ’n spierwit bed, donkerhout meubels en hemelblou stoele waarop jy kan terugleun. In die badkamer nooi ’n diep bad, geurige badsout en ’n wit japon jou om die deur agter jou toe trek en net te ontspan.

Terwyl stilte die gange vul, is daar drie vloere ondertoe ’n ander energie aan die kook … ’n gesellige atmosfeer in die restaurant Level Four. Toe die hysbak se deure voor ons oopgaan, het ons ’n vertrek betree wat my dadelik aan Sex and the City herinner het: ’n sjampanjekroeg met dekor wat heeltemal verskil van die kliniese, pastelkleurige hotel. Hierdie intieme vertrek is gesofistikeerd – swart suèdebanke, klein glastafeltjies, donkerhout deurrame en sexy swart-en-wit muurpapier met uitbeeldings van modepoppe met groot hoede maak dit die perfekte plek vir ’n ladies night. Al bly jy nie by die hotel oor nie, raai ek jou aan om jou vriendinne in die kar te laai en by hierdie luukse kroeg aan ’n glasie egte sjampanje te kom teug. Jy sal nie spyt wees nie.

Na ’n yskoue glasie Veuve Clicquot sjampanje het ons oorbeweeg na die restaurantarea waar ’n heerlike aandete op ons gewag het. Die à la carte spyskaart bevat iets vir elke fynproewer. Ons het die geskroeide tuna met Oosterse slaai en ’n sitroengras-sousie vir voorgereg bestel, pangeskroeide eend met koemkwat marmelade was ons keuse vir die hoofgereg, terwyl heerlike sjokoladehappies die ete afgerond het. Nie net die maaltyd was onvergeetlik nie, maar ook die diens. Die kelners (uitgevat in professionele uniforms) is goed opgelei – Gordon Ramsey sal beïndruk wees! Die restaurantbestuurder, Pradish Divakaren, het voorheen vir dié legendariese sjef gewerk en die wenke wat hy opgetel het, spruit duidelik suksesvol in Level Four voort.

Die aand is afgerond met ’n kersie op die koek – letterlik. In ons hotelkamer het ’n klein skinkbordjie met twee glasies Amarula-likeur en twee petite kolwyntjies met versuikerde kersies bo-op ons ingewag.

Was daar meer? Inderdaad. ’n Spogontbyt die volgende oggend, al was ons steeds versadig van die vorige aand se verruklike ete. Kraakvars vrugte, jogurt, tuisgebakte rogbrood, heerlike kaas en ham en watertand sjokolade-croissants afgerond met warm koffie.

Die hotel se stilte, luukse dekor en wonderlike geure het vir my betower. 54 On Bath is waarlik ’n toevlugsoord in ’n besige stad.

Kontakbesonderhede
011 344 8500 of 011 344 8501(f)
54 Bath-Laan, Rosebank, 2196, Johannesburg.
GPS-koördinate: 26°8’44.25″S / 28°2’26.60″
www.tsogosunhotels.com

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.