kategorieë: Ons menseBekendes

50 jaar na die eerste hartoorplanting

Ter viering van dié geskiedkundige dag 50 jaar gelede, is kykNET besig met twee projekte wat die gebeure rondom die eerste hartoorplanting ondersoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die eerste projek is ’n dokumentêr wat deur middel van beeldmateriaal en onderhoude fokus op die eerste hartoorplanting en die vooraf gebeure wat tot dié geskiedkundige operasie gelei het. Die impak op Suid-Afrika en mediese navorsing word ook verbeeld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die dokumentêr sal as volg ingedeel word:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Die eksperimentele fase
  • Die Groote Schuur-hartspan se wêrelddeurbraak
  • Die Wêreldkongres oor die eerste hartoorplanting-chirurgie wat in Kaapstad gehou is gedurende Junie 1968
  • Die periode tussen 1975-2017
  • Wat dit beteken om met iemand anders se hart te leef

Vyftig jaar na die eerste hartoorplanting word op Sondag, 26 November 2017 om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Die tweede projek waaraan kykNET werk is ’n dokudrama, Hartstog uit die pen van Deon Opperman wat die gebeure van die dag onder die vergrootglas plaas. Die gebeure word uit die perspektief van die mediese span, die skenker en betrokke partye vertel. Lees meer hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Carel Nel as Prof Chris Barnard in Hartstog

Hartstog word op Sondag, 3 Desember 2017 om 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.

In Junie 2013 het ons met Karin Berman, Chris se gewese vrou, gesels. In dié voorblad-artikel het Karin heelwat oor haar en Chris se verhouding gedeel. Hier is ’n uittreksel uit die artikel:

Ná Chris se dood, so tragies omdat hy oud en alleen was, het die familie nader aan mekaar beweeg. Volgens Karin was “al die onbenullige vetes skielik vergete, die oomblik en almal se band met Chris net soveel groter as dit”.

Voor sy en hy uitmekaar is – sy was 37 toe sy die moeilike besluit moes neem – kon selfs haar onvoorwaardelike aanvaarding dinge nie meer red nie.

“Roem kan ’n mens bederf. Chris was ’n uitsonderlike mens. Iemand wat nie ’n steen onaangeraak sou laat om mense se fisieke pyn te probeer verlig nie. Ek het ’n groot deel van wat ek vandag is aan hom te danke.

“Maar so eg en op die aarde soos wat hy was, kon hy later nie sonder al die bewondering nie. Hy moes gedurig oorsee. Dit is wat hom gemotiveer het. Hy wou nooit … ” Sy tas na woorde, sê dan stil: “Hy kon nie net tevrede wees met my en om vir Armin by die skool te gaan haal nie. Hy het nog die week voor sy dood uit Israel gebel om te sê hoe opgewonde hy is oor die genetiese navorsing wat hulle daar doen.”

Lees die volledige artikel hier

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

3 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

3 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

4 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

4 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.