kategorieë: Velsorg

5 velsondes om te vermy

1. Oorwas

Om jou gesig te was is goed, maar om dit meer as twee keer per dag te doen, is nié. As jy jou gesig te veel was, kan jy jou vel uitdroog. As jy soggens oefen: was jou gesig slegs met water voor gim en was dit dan eerder ná oefening met ’n middel. As jy saans oefen: probeer om nie grimering aan te wend nadat jy geoefen het nie; sodoende is jou gesig sommer klaar skoon en gereed vir nagroom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wenke om die lewe met sensitiewe vel ‘n bietjie makliker te maak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Te veel alkohol, suiker en kaffeïen

Stadig met alles wat te lekker is. Het jy al die oggend ná ’n partytjie in die spieël gekyk en gehoop jy verbeel jou dat jou plooie erger lyk? Die slegte nuus is dat jou plooie wel meer sigbaar is, want alkohol dehidreer jou vel en soos jy, is jou vel ook dors. Wissel dus maar gereeld deur die aand ’n alkoholiese drankie met ’n glas water af. Probeer ook om slegs twee koppies koffie per dag te drink aangesien dit ook jou vel kan dehidreer; probeer om eerder ’n koppie rooibostee tussenin te drink. Suiker breek die elastien en kolageen in jou vel af en kan jou vel vaal en plooierig laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Rook

Rook is nie net sleg vir jou gesondheid nie, maar ook vir jou vel. Rook breek elastiese vesels in jou vel af (daarom lyk rokers altyd gelerig) en breek ook kollageen af, wat veroorsaak dat jy meer plooie kry.

Lees ook: Hoe rook jou vel beïnvloed

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Smeer jou sonroom mis

Dis baie goed om daagliks sonroom aan te smeer, maar ons is geneig om sommige dele mis te smeer, of van te vergeet! Veral by jou haarlyn, jou ore en jou ken en nek … Dit veroorsaak nie net veroudering nie, maar dokters ontdek meer en meer kanker op hierdie dele.

5. Slaap te min

Daar steek inderdaad waarheid agter die woord: skoonheidslapie. Te min slaap kan jou vel vaal en dof laat lyk. Moenie televisie kyk, op jou foon, tablet of skootrekenaar werk net voor jy wil slaap nie. Die helder skerms onderdruk die vorming van melatonien (die hormoon wat ons laat vaak voel en ons slaapritmes beheer). As jou slaapritme versteur word, kan jou vel homself nie so goed vernuwe nie en dit kan lei tot meer plooie en vaalheid. Neem eerder ’n warm bad en lees ’n paar bladsye van jou gunstelingboek of jou rooi rose!

Lees ook: Hier’s die regte volgorde waarin jy jou velsorgprodukte moet aanwend

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.