kategorieë: WenkeMode

5 swembroeksnitte wat jou op jou beste laat lyk

Die eenstuk

Ons kon nog nooit ’n vleiende eenstuk weerstaan nie. Met die groot terugkeer van die eenstuk is daar nou eindelose moontlikhede om van te kies. Kies ’n vasknoop-neklyn wat jou slanker laat vertoon en ondersteuning bied vir jou borste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoog-gesnyde bikini-broekie

Nie almal van ons voel gemaklik om die strand in ’n eina-snit aan te durf nie, maar deesdae kan jy steeds ’n voller snit kies wat hoog uitgesny is, sodat jou bene slanker vertoon.
#rrwenk: Manipuleer ’n broekie wat reeds in jou kas is deur dit ’n bietjie hoër oor jou heupe te trek, sodat dit dieselfde uitsny-effek het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Retro-broekie

Die vintage-snit is terug wat beteken jy kan ongewenste rolletjies verbloem én soos ’n modevoorstaander lyk. As jy ’n korter bolyf het, moet jy versigtig wees dat jou broekie nie jou middel nog korter laat lyk nie – kies ’n hoëlyf-snit wat net onder jou naeltjie eindig sodat die meerderheid van jou middel steeds wys en nie in die helfte “verdeel” word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sportsnit-toppie

Hierdie snit werk die beste by vroue met ’n groter borsmaat en wat meer ondersteuning nodig het. As jy nie van die sport-snit hou nie, kan ’n gewone bikini-toppie met breër bandjies ook werk. Kies ook ’n borskoppie wat met spons gekussing is vir meer ondersteuning en ’n vleiender silhoeët.

Eenskouer-snit

’n Eenskouer-item skep dadelik ’n elegante gevoel en maak jou neklyn meer vleiend. Kyk uit vir een met ’n gestruktureerde raamwerk wat nie die heeltyd by jou bors afgly nie. Omdat hierdie snit ook nie agter jou rug of om jou nek vasgemaak hoef te word nie, bied dit ook meer ondersteuning terwyl dit steeds ’n vroulike voorkoms behou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vyf vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

3 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

3 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

3 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.