1 Boerenkool (Kale)
Voordele:
Hoog in vesel, yster en kalsium; anti-inflammatoriese kwaliteite; en ’n goeie bron van gesonde vet.
Ons gunstelingmanier om dit te eet:
*Boerenkool-skyfies – vryf die blare met klapperolie, sprinkel sout oor en bak in die oond (20 min op 180 °C)
*Gebruik dit as plaasvervanger vir spinasie of roket in slaaie
*In ’n super groen gladdejantjie. Ons is lief vir die mengsel boerenkool, suurlemoensap, amandels, chia en klapperwater met ’n skeppie klapperolie

2 Quinoa (uitgespreek KEEN-wah)
Voordele:
Hoë energieverskaffer; bevat die hoogste voedingswaarde-profiel en kook die vinnigste van alle grane.
Ons gunsteling manier om dit te eet:
*As ’n plaasvervanger vir koeskoes in slaaie
*As pap – kook in neutmelk en water, voeg kaneel by
*As ’n plaasvervanger vir rys / pasta

3 Rou kakao
Voordele:
Die hoogste antioksidant op die planeet; hoog in magnesium en yster; verbeter kardiovaskulêre gesondheid; bou sterk bene; is ’n natuurlike seksuele opkikkermiddel; lig jou bui en energie.
Ons gunteling maniere om dit te eet:
*Gesonde warm sjokolade – met warm amandelmelk en ’n bietjie heuning
*In rou sjokolade happies
*In pannekoek saam met fyngemaakte piesang (njammie!)

4 Chia-sade
Voordele:
Hoog in proteïen, kalsium en omega 3; en gelaai met antioksidante.
Ons gunsteling maniere om dit te eet:
*Chia-poeding – kombineer met amandelmelk en week oornag in die yskas. Voeg bessies, klappervlokkies of kaneel by
*As plaasvervanger vir eier
*Om sop en souse te verdik

5 Amandels
Voordele:
Goed vir die brein en hart, reguleer cholesterol en bloeddruk en beskerm jou teen diabetes.
Ons gunsteling maniere om dit te eet:
*Week oornag in water en bak 12 uur teen 50-60 °C
*Neem in as amandelmelk of amandelbotter
*As deel van ’n snoephappie. Voeg ander sade, rou neute en rou kakao by

Bron: Cotton On Body Eboek