Met hierdie Kersspyskaarte kan jy die lekkerste Kersete voorberei – sonder om te sukkel!
Ons deel ’n spoggerige spyskaart vir ’n tradisionele ete. Daar is ’n vingerhappie-spyskaart vir ’n meer ontspanne ete. Vir ’n lekker somersdag het ons ’n koue spyskaart saamgestel, wat natuurlik minder moeite beteken! Kersdag val hierdie jaar op ’n Maandag, so indien jy met Meat Free Monday wil voortgaan, of vegetariese gaste bedien, is hierdie smullekker spyskaart perfek. Daar is ook ’n laekoolhidraatspyskaart indien jy (en jou gaste) nie te veel koolhidrate wil inneem nie. Al hierdie resepte is ideaal vir ’n heerlike somerkersfees.
Lees ook: Nostalgiese spyskaart vir Kersfees
1 Spogspyskaart
Voorgereg
Eendlewer-en-lemoenpatee met karamelvye
Hoofgereg
Harissa-lam met vrugtige koeskoes
Vonkelwyn-geroosterde baba-en witwortels
Groentelinte met beet-en-granaat-slaaisous
Nagereg
Meringue-koek met romerige tiramisuvulsel
Loer hier om te leer hoe om meringue te maak.
2 Vingerhappies vir Kersfees
Gebakte kaas met gekarameliseerde vye
Eiers gevul met aspersies en bloukaas
Gebraaide lam-en-perske sosaties
Bessiestroop-en-meringue-bakkies
Lees ook: ’n Kuierkos-Kersspyskaart
3 Koue kos vir Kersfees
Voorgereg
Wildsvleis-carpaccio met ’n brandewyn-vinaigrette
Hoofgereg
Beet-gepekelde salm met ’n crême frâiche-sous
Kalkoen met gegeurde botter en lemoensalsa
Nagereg
4 Vegetariese spyskaart
Voorgereg
Eiers gevul met beet en avokado
Hoofgereg
Nagereg
Chia-en-suurlemoen-roomys met volgraan-wafeltjies
5 Laekoolhidraat-spyskaart
Voorgereg
Wildsvleis-carpaccio met ’n brandewyn-vinaigrette
Hoofgereg
Somerse groenslaai met ’n rokerige pancetta-slaaisous