Daar is ’n hele paar spa’s in Kaapstad wat uitsluitlik die manne bederf. Dié spa’s het ’n manlike atmosfeer sonder pienk handdoeke en blommetjies en is gemik op die gesofistikeerde man.
Hier is ons top 5 spa’s vir die manne
The Spa Room
Die spa is geleë in Seepunt Mediese Sentrum en die behandelings sluit onder meer ’n diepweefsel-massering en lyfskrop met Kalahari rooiduin sand in.
Adres: Seepunt Mediese Sentrum, 11 Kloofstraat, Kaapstad. Besoek die webblad hier
Sorbet Man
Regte manne versorg hulself goed, is deel van hierdie spa se filosofie. Bederf jou pa met ‘n warm handdoek skeer, kopvel massering of ‘n ontspannende ‘Panic Mechanic’ massering.
Adres: Winkel 37, Cape Quarter, 27 Somerset-weg, Groenpunt. Besoek die webblad hier
Smoothe Beauty Bar
Hierdie ultra luukse spa weet hoe om mans op die hande te dra. Hulle het private kamers vir elke kliënt. Jou pa sal die rustige en soms jazzy atmosferiese musiek geniet. Die beligting is sag en die personeel beloof om elke spanningsknop uit jou pa se lyf weg te masseer.
Adres: Eden on the Bay-winkelsenrrum, Hoek van Otto du Plessis en Sir David Baird, Bloubergstrand. Besoek die webblad hier
Glasshouse Rejuvenation for Men
Hierdie spa het ’n gesofistikeerde atmosfeer en jou pa kan kies uit ’n verskeidenheid behandelings, insluitende ’n warmhanddoek skeer, masserings met kopvelterapie, voetrefleksologie of ’n na-gimnasium massering. Daar is ook ’n voor-werk behandeling wat ’n gesigskoonmaak- en bevogting, oogroom en hare was en stilering insluit.
Adres: Winkel 5A, Silo 5, South Arm-weg, V & A Waterfront. Besoek die webblad hier
Aiyara Thai Spa
Thai-massering is net die ding vir al die knoppe en pyne na ’n besige werksdag. Hierdie spa spesialiseer in masserings van ‘Nuad Thai’ wat op ontspanning fokus en balans bring in die verskillende sentrums van die liggaam soos gesonde bloedsomloop.
Adres: Eden on the Bay Mall,. Mnr. Otto du Plessis & Sir David Baird, Bloubergstrand. Besoek die webblad hier