kategorieë: KosSomerkos

5 smullekker slaaie

1 Beetslaai met bokmelkkaas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Koop sommer klaargaar beetkwarte.

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • ’n hand vol roket en bronkors (watercress) gemeng
  • 400 g (1 pak) gaar beetkwarte in vinaigrette
  • 2 x 100 g-rolletjies bokmelkkaas met swartpeper
  • 1 middelslag- rooi ui, in fyn ringe gesny
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) balsemiekasyn + ekstra vir opdiening

  1. Pak die roket en bronkors uit op ’n mooi opdienbord.
  2. Sit die beet op die blare. Sny die bokmelkkaas in sirkeltjies en pak dit tussen die beet.
  3. Pak die uieringe oor die slaai en sprinkel die olyfolie en balsemiekasyn oor.
  4. Meng net voor ete deur en sit met ekstra balsemiekasyn voor.
Nog idees:
Die beetslaai werk net so goed met fetakaas of bolletjies sygladde mozzarella.

2 Nektarien-en-murgpampoentjie-slaai

Genoeg vir 6

  • 5 groot murgpampoentjies, met ’n groenteskiller of mandoliensnyer in dun repe gesny
  • 5 nektariens, in wiggies gesny
  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 50 g parmesaanskaafsels
  • 30 ml (2 e) truffelolie (opsioneel, want dis vrek duur, maar dit maak die slaai spesiaal, kry dit by Woollies)
  1. Plaas die murgpampoentjies, nektariens en olyfolie in ’n mengbak en geur met sout en peper.
  2. Verhit ’n riffelpan en rooster die murgpampoentjies en nektariens aan albei kante.
  3. Pak op ’n mooi opdienbak. Sprinkel die parmesaanskaafsels en truffelolie oor.

3 Salm-en-avokado-slaai

Genoeg vir 6

  1. Skil en sny 2 avokado’s in kwarte. Rangskik op ’n groot dienbord.
  2. Pak 200 g gerookte salm tussen die avokadoskywe.
  3. Dreineer 1 x 310 g-blik mandarynskyfies en 1 x 410 g-blik pomeloskyfies en sit in die slaai.
  4. Strooi 50 g (’n halwe pakkie) gekapte pistasieneute oor. Voeg laastens twee hande vol vars bronkors (watercress) by.
  5. Meng 20 ml (4 t) lemoensap, 60 ml (¼ k) olyfolie, 5 ml (1 t) Dijon mosterd en 2,5 ml (½ t) gemaalde gemmer.
  6. Voeg die gerasperde skil van een lemoen en 5 ml (1 t) vars tiemieblaartjies by. Geur met seesout en swartpeper.
  7. Sprinkel oor die slaai en sit voor.

4 Hoender-en-sondroëtamatie-slaai

Genoeg vir 4

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 4 hoenderborsies, ontbeen en sonder die vel
  • 70 g parmaham (of enige ander goeie ham)
  • 60 ml (¼ k) dennepitte,liggies gerooster
  • 60 ml (¼ k) sagte sondroëtamaties in olie
  • ’n groot hand vol basiliekruidblare
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 60 ml (¼ k) olie van die sondroëtamaties
  • 15 ml (1 e) balsemiekasyn
  • 80 ml (¹/³ k) basiese slaaisous

  1. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Braai die hoenderborsies vir 8-10 min. in die olie tot goudbruin en gaar. Haal uit en laat tot kamertemperatuur afkoel.
  2. Sny die hoender diagonaal in dun skywe en pak op ’n dienbord uit. Voeg die parmaham, dennepitte, sondroëtamaties en basiliekruid by.
  3. Slaaisous: Meng die olie van die sondroëtamaties en balsemiekasyn met die basiese slaaisous en gooi oor die slaai.

5 Roket-en-beet-slaai

Genoeg vir 6

  • 400 g beet (sowat 12 kleintjies)
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 60 ml (¼ k) crème fraîche grasuie, gekap
  • 70 g (1 pakkie) roket
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • sout
  • 1 rooi ui, in dun skyfies gesny
  • 100 g dennepitte, liggies gerooster

Balsemiekslaaisous

  • 80 ml olyfolie
  • 30 ml (2 e) witwynasyn
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 5 ml (1 t) korrelmosterd
  • 5 ml (1 t) heuning
  • ’n paar vars tiemieblare

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. Sny die onderkante van die bete af sodat hulle regop kan staan. Sprinkel met olyfolie en geur met sout en peper. Bak vir sowat 30 min. of tot die beet sag is.
  2. Sny die beet in kwarte, maar nie heeltemal deur nie. Druk effens oop en skep ’n lepeltjie van die crème fraîche in elke beet. Strooi die gekapte grasuie oor.
  3. Rangskik die roketblare op ’n dienbord en pak die beet daarop uit. Voeg die rooi uie en geroosterde dennepitte by.
  4. Slaaisous: Meng al die bestanddele saam en giet oor die slaai.
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

21 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.