Foto: Lynda Sanchez vir Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jy moet altyd sonbrand probeer vermy, maar as jy dit opdoen, kan ’n paar klam, koel teesakkies die byt uit die brand neem. Dit werk ook goed vir ander geringe brandwonde en skaafskade van ’n skeermes. Sit ’n paar teesakkies in jou badwater en week jou hele lyf in ’n teebad om sonbrand te streel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Week twee teesakkies in warm water en plaas dit vir 20 minute oor jou geslote oë om moegheid of geswelde oë te laaf. Die tannien in die tee streel moeë oë en neem sakke onder jou oë weg. Dit help ook om donker kringe onder die oë te versag. Donker kringe is ’n vorm van kneusing en die tannien verlig dit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }… en behandel olierige dele met ’n teesakkie. Klad droog met ’n skoon handdoek
Laaf jou voete vir twintig minute in ’n koel teebad. Die tannien beveg bakterieë en reuke.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Streel ’n kneusplek met ’n klam teesakkie. Tannien vernou bloedvate en staak die lekplekkies wat verkleuring veroorsaak.
Lees ook: Wat jy moet weet oor ystertekort
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.