kategorieë: Leef gesondGesondheid

5 redes hoekom speletjies speel goed vir jou kind is

5 redes hoekom speletjies speel goed is vir jou kind deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat? Kan speletjies dit alles doen?

Navorsers glo stres in die tienerjare is die vernaamste voorkombare oorsaak van depressie.

Ons weet ook mense met beter lewensvaardighede is beter bestand teen stres – goeie lewensvaardighede kan dus jou kind meer weerbaar teen depressie maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die SA Vereniging vir Arbeidsterapeute het ’n oulike voorstel om speel-speel lewensvaardighede te bemeester: bord- en kaartspeletjies.

5 redes hoekom speletjies speel goed is vir jou kind

Dit help so:

1. Dis ’n veilige leeromgewing

Jou kind (en jy en jou man) kan in ’n veilige omgewing waag en wen of verloor.

Die reëls is bekend en voorspelbaar, en die gevolge is nie gevaarlik of permanent nie. Jy kan maar misluk – jy kry nog kanse as jy weer probeer.

Ma dink boonop jy is net te oulik, maak nie saak wat nie.

Lees ook: Bou of breek jy jou kind se selfbeeld?

2. Jou kind se vaardighede blink uit

Jy sien in lewensgetroue situasies watter vaardighede jou kind kortkom – beplanning, deursettingsvermoë, hantering van stres en angs, samewerkingsvaardighede, eerlikheid, heelhartige deelname, realisme, waagmoed, humor en meer.

Lees ook: 33 gesonde kosse sónder suiker vir jou en jou kinders

3. Hulle leer onderhandel

Julle kry almal kanse om julself te handhaaf en te onderhandel vir wat julle wil hê – vaardighede wat jou kind teen boelies nodig het.

4. Jou kind leer hoe om homself deur ander se oë te sien

Jou kind sien homself deur die oë van ander. Span die konsep van positiewe groepsdruk in en verbind jou kind met positiewe etikette, soos “Jy is ’n uitstekende strateeg”, of “Jy is ons beplanner en dromer”, of “Kyk hoe goed onthou jy”, of “Mensig, kyk net hoeveel beter het jy al geraak.”

Lees ook: 5 wenke om jou kind empatie te leer

5. Speletjies kweek ander vaardighede

Vaardigheidspeletjies waar jy moet memoriseer, tel, spel of kreatief moet dink, kweek hierdie vaardighede.

En jou kind ervaar dat hoe meer hy oefen, hoe beter raak hy.

Lees ook: Boekuittreksel: Vyf ankers wat jou kind veilig laat voel

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

19 mins Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

4 hours Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

22 hours Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

24 hours Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

1 day Gelede

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.