kategorieë: WenkeMode

5 praktiese doen-dit-self modewenke

Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Stoor jou belt reg

Verleng jou belt se raklewe deur dit in die vorm te stoor waarvoor dit gemaak is – rond. Om jou belde oor ’n hanger te hang wen dalk spasie, maar wanneer dit lank in een vorm hang, buig die belt op ’n ongewone manier en kan die leer of materiaal verniel. Gebruik ’n silindervormige houer en rol jou belde daarin op. Dit werk veral goed met klein belde. Boonop is dit sommer gereed om vinnig in jou reistas te pak vir daardie onbeplande wegbreke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pasmaat-denims

Om ’n denim of enige broek te kry wat eksie-perfeksie pas, is skaars. Dit gebeur dikwels dat denims ’n effense gaping om die middellyf los. Kies jy ’n kleiner nommer, kan jy skaars jou bene beweeg. Sny twee gleufies, so 10 cm uitmekaar, aan die binnekant van jou denim. Knip ’n sterk rek ’n paar sentimeter korter en ryg dit van die een gleufie na die ander. Onthou, jou rek moet effens styfgetrek wees sodat dit die denim kan intrek. Werk die rek aan die buite-sy van elke gleuf vas en siedaar!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Netjiese naaldwerk

Naaldwerk is nie vir almal van ons ewe maklik nie. As jy nie ’n naaldwerkmasjien byderhand het nie, trek twee strepies (ongeveer 1 cm uitmekaar) op die duim van die hand waarmee jy die materiaal-gedeelte vashou. Die een strepie is waar die gare uitkom en by die ander strepie moet die gare terug in. Skuif jou duim soos jy werk om ’n eweredige stikpatroon te kry.

Kerswas

Kerswas is oor die algemeen ’n gewilde kroekmiddel, daarom is dit nie vreemd dat dit ook tot jou redding sal kom wanneer jou ritssluier besluit om vas te haak nie. Smeer die kerswas oor die tandjies van die ritssluiter waar dit vashaak. Die vetterige oliebasis van die was sal help om die vashaakplekkie weer glad te maak. As jy nie dadelik ’n kers in die hande kan kry nie, werk ’n potlood ook goed. Krap oor die vashaak-gedeelte met die potlood se lood.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Trap vas

Gladde skoene wat jou kort-kort jou balans laat verloor is genoeg om enige geleentheid te belemmer. As dit hakskoene is, nog erger. Party skoensole bestaan uit ’n plastiekbasis in plaas van rubber, wat veroorsaak dat jou sool nie op gladde vloere soos hout, teëls, of selfs klip kan vasdruk en ondersteun nie. Trek ’n paar lyne met ’n gomgeweer (3 of 4 is genoeg) oor die sool van jou skoen. Hoewel daar geen spesifieke patroon is waarop jy die gom hoef te trek nie, kies ons horisontale/dwars lyne om teen die rigting van jou treë te werk.

Lees ook: Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.