kategorieë: Verhoudings

4 planne vir Vadersdag

1. Lys dit

• verras jou pa met ’n lysie van lekkerlag-situasies, uitstappies of ander gebeure wat julle saam ervaar het en vra wat hy alles onthou,

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• dinge wat jy by hom geleer het, soos dat mense belangriker is as besittings, hoe om jou ma te benader sodat sy ‘ja’ sê, of hoe om die vinnigste toebroodjie te maak,

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• die eienskappe wat jy in hom waardeer, soos dat hy nooit gaan slaap sonder om vir jou nag te sê nie of altyd tyd maak vir ’n grappie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Fotofees

Kies ’n klompie digitale foto’s, groepeer dit saam en skryf ’n onderskrif by elkeen … Gee jou sin vir humor vrye teuels!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Speel joernalis

Hou jou selfoon reg en voer ’n onderhoud met jou pa oor:

  • die hoogtepunte, moeilikste ervarings en grootste verleentheid van sy grootwordjare
  • die vyf dinge wat vir hom die waardevolste is
  • die drie dinge wat hy die graagste sou wou doen as tyd en geld nie ’n kwessie was nie
  • watter twee mense ’n groot invloed op sy lewe gehad het
  • watter een verandering hy die graagste op aarde sou wou sien
  • sy gunstelinggeur, lekkerste smaak, of mooiste klank
  • die grootste verrassings wat hy ooit gekry het
  • die bekende wat hy die graagste sou wou ontmoet

4. Kies iemand anders

As jy nie ’n pa het nie, kan jy een van dié dinge vir jou oupa, ’n oom of ’n ander vaderfiguur doen. Dink net hoe verras hy gaan wees!

Lees ook: Wat jou dogter van geld moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

1 minute Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

16 minutes Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

37 minutes Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

46 minutes Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

1 hour Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.