1. Lys dit
• verras jou pa met ’n lysie van lekkerlag-situasies, uitstappies of ander gebeure wat julle saam ervaar het en vra wat hy alles onthou,
• dinge wat jy by hom geleer het, soos dat mense belangriker is as besittings, hoe om jou ma te benader sodat sy ‘ja’ sê, of hoe om die vinnigste toebroodjie te maak,
• die eienskappe wat jy in hom waardeer, soos dat hy nooit gaan slaap sonder om vir jou nag te sê nie of altyd tyd maak vir ’n grappie.
2. Fotofees
Kies ’n klompie digitale foto’s, groepeer dit saam en skryf ’n onderskrif by elkeen … Gee jou sin vir humor vrye teuels!
3. Speel joernalis
Hou jou selfoon reg en voer ’n onderhoud met jou pa oor:
- die hoogtepunte, moeilikste ervarings en grootste verleentheid van sy grootwordjare
- die vyf dinge wat vir hom die waardevolste is
- die drie dinge wat hy die graagste sou wou doen as tyd en geld nie ’n kwessie was nie
- watter twee mense ’n groot invloed op sy lewe gehad het
- watter een verandering hy die graagste op aarde sou wou sien
- sy gunstelinggeur, lekkerste smaak, of mooiste klank
- die grootste verrassings wat hy ooit gekry het
- die bekende wat hy die graagste sou wou ontmoet
4. Kies iemand anders
As jy nie ’n pa het nie, kan jy een van dié dinge vir jou oupa, ’n oom of ’n ander vaderfiguur doen. Dink net hoe verras hy gaan wees!
Lees ook: Wat jou dogter van geld moet weet