kategorieë: Ontspanning

5 oorspronklike Instagram-rekeninge

Pasteie

Lauren Ko, ’n amateurbakker van Seattle, bak pasteie vir die pret. Die verskil is dat sy omtrent kunswerke uit die deeg maak. Haar Instagram-rekening, lokokitchen, wys haar ingewikkelde skeppings: voor en na die bakproses. Sy het binne ’n baie kort tydjie gewild geraak so daar is nog min skeppings om na te kyk – maar ons sien uit na elke volgende foto.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koffie-kunstenaar

Wie is nie beïndruk wanneer ’n flat white ’n hartjie of swaantjie op die melkskuim kry nie? Wel, die Suid-Koreaanse barista, Lee Kang-bin, neem hierdie vaaardigheid tot ’n heel nuwe vlak met sy sogenoemde “creamart. Sy skeppings, wat hy gewoonlik in room met voedselkleursel maak, sluit in animasiekarakters tot bekende kunswerke soos die Mona Lisa en Van Gogh se Starry Night. Die beste deel is dat hierdie skeppings werklik te koop (en te drink!) is by sy koffiewinkel in Seoul, C. Through Café.

Ongewone origami

Die Suid-Afrikaner Ross Symons, skepper van die Instagram-rekening white_onrice, het in 2014 met ’n projek begin waar hy elke dag een origami-patroon gevou het en dit op Instagram gelaai het. Dit het so gewild geraak origami-kuns nou sy voltydse werk werk is en hy span gereeld saam met bekende name vir veldtogte.

Alles in hul regte plek

Hierdie Instagram-rekening is ’n absolute plesier vir diegene wat daarvan hou as alles netjies is. Die skepper van @thingsorganizedneatly, Austin Radcliffe, laai beide sy eie werk en ander mense se beelde van netjies georganiseerde goed op Instagram. Hierdie rekening en die tumblr-blog het alreeds verskeie pryse gewen en daar is selfs ’n boek gepubliseer met die beste beelde.

Amper te mooi om te eet … net amper!

Die bakkers by die Suid-Koreaanse Atelier Soo maak die mooiste versiersuikerblomme. Hierdie skeppings lyk so realisties dat dit amper moeilik is om te glo dat dit slegs koekversiering is – en daarby is dit nog eetbaar ook!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

7 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

8 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

8 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

8 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

9 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.