Pasteie
Lauren Ko, ’n amateurbakker van Seattle, bak pasteie vir die pret. Die verskil is dat sy omtrent kunswerke uit die deeg maak. Haar Instagram-rekening, lokokitchen, wys haar ingewikkelde skeppings: voor en na die bakproses. Sy het binne ’n baie kort tydjie gewild geraak so daar is nog min skeppings om na te kyk – maar ons sien uit na elke volgende foto.
https://www.instagram.com/p/BZhuStLHwAP/?taken-by=lokokitchen
https://www.instagram.com/p/BaK6oY9HYzA/?taken-by=lokokitchen
https://www.instagram.com/p/Bb5AHBlHegE/?taken-by=lokokitchen
https://www.instagram.com/p/BbyBJRvn_2L/?taken-by=lokokitchen
Koffie-kunstenaar
Wie is nie beïndruk wanneer ’n flat white ’n hartjie of swaantjie op die melkskuim kry nie? Wel, die Suid-Koreaanse barista, Lee Kang-bin, neem hierdie vaaardigheid tot ’n heel nuwe vlak met sy sogenoemde “creamart.“ Sy skeppings, wat hy gewoonlik in room met voedselkleursel maak, sluit in animasiekarakters tot bekende kunswerke soos die Mona Lisa en Van Gogh se Starry Night. Die beste deel is dat hierdie skeppings werklik te koop (en te drink!) is by sy koffiewinkel in Seoul, C. Through Café.
https://www.instagram.com/p/BbyFqf3B8GA/?hl=en&taken-by=leekangbin91
https://www.instagram.com/p/Bbmma-5BDIh/?hl=en&taken-by=leekangbin91
https://www.instagram.com/p/BbDF7mqhazX/?hl=en&taken-by=leekangbin91
https://www.instagram.com/p/BZ48SaOha8o/?hl=en&taken-by=leekangbin91
Ongewone origami
Die Suid-Afrikaner Ross Symons, skepper van die Instagram-rekening white_onrice, het in 2014 met ’n projek begin waar hy elke dag een origami-patroon gevou het en dit op Instagram gelaai het. Dit het so gewild geraak origami-kuns nou sy voltydse werk werk is en hy span gereeld saam met bekende name vir veldtogte.
https://www.instagram.com/p/BYch4OZltEq/?taken-by=white_onrice
https://www.instagram.com/p/BYKfQbQl3S_/?taken-by=white_onrice
https://www.instagram.com/p/BWZQTJ1FvCs/?taken-by=white_onrice
https://www.instagram.com/p/BV9mq9llnR1/?taken-by=white_onrice
Alles in hul regte plek
Hierdie Instagram-rekening is ’n absolute plesier vir diegene wat daarvan hou as alles netjies is. Die skepper van @thingsorganizedneatly, Austin Radcliffe, laai beide sy eie werk en ander mense se beelde van netjies georganiseerde goed op Instagram. Hierdie rekening en die tumblr-blog het alreeds verskeie pryse gewen en daar is selfs ’n boek gepubliseer met die beste beelde.
https://www.instagram.com/p/BaLelhBAkJQ/?hl=en&taken-by=thingsorganizedneatly
https://www.instagram.com/p/BZ9Znu8lakP/?hl=en&taken-by=thingsorganizedneatly
https://www.instagram.com/p/BYdp2seFqab/?hl=en&taken-by=thingsorganizedneatly
https://www.instagram.com/p/BXSvro-FCv-/?hl=en&taken-by=thingsorganizedneatly
Amper te mooi om te eet … net amper!
Die bakkers by die Suid-Koreaanse Atelier Soo maak die mooiste versiersuikerblomme. Hierdie skeppings lyk so realisties dat dit amper moeilik is om te glo dat dit slegs koekversiering is – en daarby is dit nog eetbaar ook!
https://www.instagram.com/p/BYu9NXzBsPz/?taken-by=soocake_ully
https://www.instagram.com/p/BZK-8C4Bs81/?taken-by=soocake_ully
https://www.instagram.com/p/BZVZWG6hBQ9/?taken-by=soocake_ully
https://www.instagram.com/p/BbQQENphFmx/?taken-by=soocake_ully
https://www.instagram.com/p/BcUBKUwhvb3/?taken-by=soocake_ully