kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

5 mooi ligte wat jy self kan maak

5 mooi ligte wat jy self kan maak deur Cornel Dunn. Foto’s: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is 5 oulike idees hoe jy interessante ligte in jou huis kan maak!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis altyd teetyd!

Grawe daardie ou teekoppies uit wat jy nooit gebruik nie en omskep dit in ’n unieke hanglamp vir jou teetafel.

Ons het die gaatjies met die diamantpunt van ’n elektriese boor geboor en die pierings met epoksiegom aan die koppies vasgeplak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Gebruik ’n gloeilampie met ’n lae elektriese stroom, soos wat  later vir die Bashew-botteltjies gebruik is (sien onder).

Lees ook: 5 dekorflaters om te vermy

Foto: Johan Wilke

Koel(drank) botteltjiebeligting

Bashew’s, die oudste koeldrankhandelsnaam in Suid-Afrika, se ikoniese koeldrankbotteltjies maak lampskerms met ’n prettige verskil!

Sny die botteltjies aan die onderkant met ’n glassnyer oop en verseël die bokant met ’n kurkprop.

’n Transformator en halogeengloeilampe van 20 watt en 12 volt is noodsaaklik om die elektriese stroom van 220 volt huishoudelike krag na 12 volt oor te skakel.

Lees ook: Laat jou sitkamer in juweelkleure skitter!

Foto: Johan Wilke

Om beter te kan sien, my kind

Hierdie mooi boekligte skep ’n sprokiesgevoel! Ek het hierdie boeke by ’n tweedehandse winkel opgespoor.

#rrWenk: Gebruik buisligte van 40 watt met 220 volt om te keer dat die boeke brand.

Lees ook: 10 dinge wat jy moet weet voordat jy jou eie tuiskantoor skep

Foto: Johan Wilke

Aardbolle vir wêreldreisigers

Ek het hierdie aardbolle by ’n straatverkoper aangeskaf.

Ek het hulle met ’n matmes netjies middeldeur gesny en as lampskerms vir my kantoor gebruik. Oulik, nè!

Lees ook: Maak die meeste van jou klein spasie!

5 mooi ligte wat jy self kan maak. Foto: Johan Wilke

Glase maak die mooiste patrone

Hier is dik glase gebruik.

Nadat ’n gaatjie geboor is wat groot genoeg is, is staalpenne met epoksiegom daaraan geheg. Die elektriese drade is deur die penne gelei voor die lampie gemonteer is.

#rrWenk: Onthou weer eens om ’n lae elektriese stroom soos in die ander voorbeelde te gebruik.

Lees ook: Dekor-inspirasie vir ’n seehuis

Foto: Johan Wilke

Vir nog wonderlike doen-dit-self-projekte, klik hier

Kom kuier saam op pinterest vir die mooiste inspirasie

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

7 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

8 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

11 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

14 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.