5 moderne maniere om pêrels te dra
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dra verskeie lae en groottes pêrels saam sodat dit bonkig vertoon.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Pêrels lyk die beste by minimalistiese uitrustings omdat dit sinoniem met stylvolheid is. Hou by ooreenstemmende kleure, monochromatiese uitrustings en speel eerder met tekstuur. Jy kan nie beter as om pêrels saam met ikoniese tweed-materiaal te dra nie – soos op Chanel se loopplanke gesien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }As jy ’n meer informele verkies, kan jy pêrels saam met ’n moderne T-hemp en jeans dra. Die kenmerkende stedelike styl sal onmiddellik jou pêrelbykomstighede nuwe asem gee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Nie almal van ons is voorstanders van bonkige en dramatiese voorkomste nie, maar dit is lekker om af en toe iets nuuts te probeer. Pêrels kan ’n uitrusting ’n gesofistikeerde gevoel gee, sonder om té outyds of té buitensporig te lyk.
Die gerygde pêreltendens is die stylvoller weergawe van hekelwerk. Gehekelde toppies word deur pêrelfrokkies vervang en strooihandsakke deur pêrelsakkies.
Lees ook: 7 maniere om luuks te lyk op ’n stywe begroting
As jy teen hierdie tyd nog nie vir haarknippies of -bande plek gemaak het nie, is dit nou die tyd.
Pêrelknippies is groot nuus en sinoniem met modern. Stapel dit op, of rond jou styl subtiel af met ’n paar fyner ontwerpe. Kies ’n veelsydige ontwerp wat by jou klerekas inpas, of koop sommer ’n klompie verskillendes wat jy kan afwissel.
#rrWenk: Haarbykomstighede kan tot jou redding kom as jou hare daardie oggend net nie wil saamwerk nie
Moenie dink pêrels moet net saam met pêrels gedra word nie – ontwerpers en modekenners moedig ons aan om rond te speel.
Dit klink dalk vreemd om iets so klassieks soos pêrels saam met iets anders te dra, maar dit is juis hierdie tendens wat pêrels ’n moderne hupstoot gee. Meng en pas dit met ander bykomstighede soos leer, kristalkrale en skulpe. Pêrel-en-goue juwele is ’n gewilde kombinasie, omdat dit gewoonlik met varswaterpêrels vereenselwig word en daardie meermingevoel gee.
Indien jy nagemaakte pêrels dra, maak seker die kleur is so na moontlik aan dié van egte pêrels.
’n Pêrel is nie spierwit nie, en sommige style verskil in vorm.
Let veral op wanneer jy verskeie stringe saamdra dat hulle (amper) dieselfde skakering het.
Lees nog: Kies die regte handsak vir elke geleentheid
Woorde: Bea Lingenfelder en Susra Matthee.
Hooffoto: Superlens Photography vir Pexels
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Hierdie webwerf gebruik koekies.